中国体育彩票

图片
Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Beeldende kunste en biomediese studente (her)oorweeg die hart in menslike fisiologie en anatomie
Begin: 23/09/2025, 09:00
Einde: 02/10/2025, 16:00
Kontak:Anél Lewis -
Plek: Medical Morphology Learning Centre (MMLC) at Tygerberg

?Die Universiteit Stellenbosch (US) nooi jou uit om Heartworks te ervaar, 'n kruisdissiplinêre uitstalling waar studente in beeldende kunste en biomediese wetenskappe die hart as 'n lewensbelangrike orgaan in die menslike fisiologie én as 'n kulturele simbool ondersoek.

Die uitstalling, wat by die US se ultramoderne Mediese Morfologie-leersentrum (MMLS) by Tygerberg aangebied word, duur tot 2 Oktober.

Besoekers kan 'n uiteenlopende verskeidenheid multimedia-werke verwag, insluitende sketse, beeldhouwerk, installasies en animasie, saamgestel in gesprek met toepaslike spesimens, om 'n visueel en emosioneel boeiende ervaring te skep.

Die inisiatief, gelei deur prof Faadiel Essop (Geneeskundige Fisiologie, Sentrum vir Kardiometaboliese Navorsing in Afrika [CARMA]), prof Kathryn Smith (Visuele Kunste, VIZ.Lab), en Jonah Sack (Visuele Kunste), omskep die MMLS in 'n unieke ruimte waar kuns en wetenskap mekaar kruis. Studente het direk betrokke geraak by spesimens, modelle en digitale tegnologie? om kunswerke te inspireer wat konvensionele maniere van kennisproduksie en die deel van kennis uitdaag.

Die uitstalling vier nie net Wêreldhartdag 2025 (29 September) nie, maar maak ook deel uit van die CREATE 2025-konferensie (Creative and Engaged Transdisciplinary Research for Health Equity in Africa).

  • Prof Kathryn Smith sal besoekers Woensdag 1 Oktober van 08:30–09:45 op 'n begeleide toer neem.


Beplan jou besoek

  • Datum: 23 September – 2 Oktober 2025
  • Besoektyd: 12:00–14:00 (weeksdae)
  • Plek: Mediese Morfologie Leersentrum (MMLS), BMNI, Tygerberg-kampus
  • Besprekings: E-pos MMLC@sun.ac.za om jou besoek te re?l.
    (Let asseblief daarop dat die MMLS 'n opvoedkundige anatomiefasiliteit is. Sommige uitstallings bevat bewaarde menslike materiaal. Besoekers word aangeraai om diskresie te gebruik.)