Prof Vasti Roodt, Dekaan van Lettere en Sosiale Wetenskappe, nooi u hartlik uit om dié mylpaal in die akademiese reis van Prof Philip Bosman saam te vier.
?Datum: Donderdag 18 September 2025
Tyd: 17:30 SAST
Plek: Jannasch-saal, US Konservatorium, Victoriastraat 45, Stellenbosch, 7600
Klik hier om te RSVP vir in-persoon bywoning.
(RSVP teen 15 September – beperkte aantal sitplekke beskikbaar.)
Klik hier om te RSVP vir aanlyn bywoning.
(Regstreekse stroomuitsending begin om 17:30.)
Die Grieke en ons: antieke tekste in die akademiese strewe?
Prof Philip Bosman ondersoek in sy intreerede die rol van Klassieke Filologie, veral Antieke Griekse Filologie, in die moderne tersiêre onderwyslandskap. Hy oordink sy lesing van 2012 oor die konsep van die “Skool van Athene" soos dit weerspie?l word in Perikles se lykrede ('n huldeblyk aan Atheense demokrasie), Rafael se ikoniese Vatikaan-skildery ('n ge?dealiseerde uitbeelding van intellektuele harmonie), en John Henry Newman se visie van universiteite as instellings waar die intellek ontwikkel word. Sedert Newman se tyd het die geesteswetenskaplike dissiplines gegroei en algaande onafhanklik van hulle metropolis geword. Hoewel Altertumswissenschaft, oftewel die studie van die oudheid, by die aanvang van die 20ste eeu nog as die “koningin van die wetenskappe" bestempel kon word, het dit mettertyd ál hoe meer ge?soleerd geraak in 'n tersiêre onderwysomgewing wat toenemend deur utilitaristiese prioriteite voortgedryf word. Die studie van die Grieks-Romeinse oudheid het die afgelope vyf dekades voor aanhoudende uitdagings en intense selfondersoek te staan gekom. In Suid-Afrika was die wegdoening met Latyn as 'n vereiste vir regstudie 'n gevoelige slag vir die Klassieke, en het dit landwyd tot 'n afname in departemente gelei. Twee bykomende faktore plaas die afgelope tyd verdere druk op die dissipline: die veronderstelde band wat dit met verouderde ideologie? het, en die toenemende klem op nasionale belange bo 'n universalistiese siening van die mensdom. Hierdie uitdagings word vererger deur die opgang van die korporatiewe universiteit, waar gesentraliseerde doelwitte vakkundiges in formatiewe dissiplines dikwels met 'n gevoel van vervreemding laat.
Ondanks hierdie én ander probleme toon die studie van die oudheid in ál sy fasette merkwaardige veerkragtigheid en aanpasbaarheid. Strategie? soos die aanbieding van kursusse oor die antieke wêreld sonder dat antieke tale 'n vereiste is, en die konsolidasie van onafhanklike dissiplines in bre?r programme, soos Antieke Kulture, slaag by die Universiteit Stellenbosch en ander instellings daarin om van die druk te verlig. Nietemin is daar nog aansienlike struikelblokke, veral 'n wydverspreide gebrek aan begrip – selfs onder geesteswetenskaplikes – van wat Klassieke Filologie behels. Tog bied die dissipline unieke belonings: die geleentheid om van die invloedrykste en boeiendste letterkundige werke wat al ooit geskryf is te bestudeer, en om tot die voortdurende vernuwing van ons begrip van die antieke wêreld by te dra.
In die laaste gedeelte van sy aanbieding verken prof Bosman drie van sy huidige navorsingsgebiede om die spanning te illustreer waarvoor vakkundiges op oudheidsgebied te staan kom om enersyds kontekstueel relevant te bly en andersyds tot die wêreldwye akademiese diskoers by te dra. Die drie navorsingsgebiede is die rekonstruksie van 'n kontemporêre bron oor Alexander die Grote, 'n ondersoek na die ontvangs van Siniese filosofie in die vroe? Romeinse Ryk, en 'n ontleding van hoe die regeringstrukture van die Laat Oudheid na die welstand van die bevolking omgesien het. Ten slotte stel hy strategie? voor om die literatuur, geskiedenis en kultuur van die antieke Grieke nouer in die wesenstrewe van die geesteswetenskappe te integreer.
Kort biografie
Philippus Rudolph Bosman het op die Bosvelddorp Groblersdal grootgeword as die vyfde van sy onderwyser-ouers se ses kinders. Hy het ná matriek aan die Universiteit van Pretoria (UP) gaan studeer en 'n BA (1985), 'n HonsBA in Grieks en Semitiese Tale (1987) en 'n BD (1989) verwerf. In 1990 begin hy sy akademiese loopbaan aan die Universiteit van Suid-Afrika (Unisa), waar hy 'n meestersgraad in Grieks onder leiding van prof Jan Barkhuizen voltooi.
Bosman sluit hom in 1992 by Unisa se Departement Klassieke aan, waar prof Danie Lombard hom aan Klassieke Filologie bekend stel. Hy begin sy doktorale studie in Nuwe Testamentiese Studie en bring formatiewe tydperke by die universiteite van Freiburg (Duitsland) en Utrecht (Nederland) deur. By Unisa ontwikkel hy kursusmateriaal in Griekse taal en letterkunde, en gee hy ook klas in vertaalde Griekse literatuur, kultuur en geskiedenis. In 1996 verwerf hy sy PhD aan die UP onder leiding van prof André du Toit. Sy tesis oor die konsep van gewete in antieke Griekse en Hellenistiese Joodse literatuur het in 2003 in die Siebeck-Mohr-reeks Wissenschaftliche Untersuchungen zum Neuen Testament verskyn.
Bosman verwerf ook 'n HonsBSc in Inligtingstelsels (2004) aan Unisa voordat hy na sy hooffokus, antieke tekste, terugkeer. Hy word in 2009 tot medeprofessor en in 2012 tot volprofessor bevorder, en ontvang twee maal Unisa se Kanseliersprys vir Uitnemende Navorsing (2008 en 2012). In 2017 verhuis hy na Stellenbosch om hom by die Departement Antieke Studie aan te sluit, waar hy as voorsitter van die Klassieke Vereniging van Suid-Afrika (2017–2019) en later ook as departementele voorsitter (2021–2024) dien.
Hy het al op etlike vastelande referate en gaslesings gelewer en in Duitsland, Griekeland, Switserland, die Verenigde Koninkryk en Belgi? navorsing onderneem. Hy behoort tot verskeie akademiese verenigings, waaronder die Australasiese Vereniging vir Klassieke Studie, die Amerikaanse Filologiese Vereniging, die Vereniging vir die Bevordering van Hellenistiese Studie, die Klassieke Vereniging van Suid-Afrika, die Internasionale Plutargosvereniging, en die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns. Bosman beskik sedert 2010 oor 'n gradering van die Nasionale Navorsingstigting en word tans internasionaal erken vir die ho? gehalte en impak van sy navorsing (B2).
Sy navorsing konsentreer op antieke intellektuele geskiedenis en die studie van hoe tradisionele konsepte hulle in historiese kontekste manifesteer. Bosman het al wyd gepubliseer oor die Siniese tradisie, Alexander die Grote, Plutargos se biografie?, die satire van Lukianos van Samosata, en die werke van die keiser Julianus. Hy re?l gereeld internasionale konferensies en is die samesteller van bundels soos Mania: Madness in the Greco-Roman World (2009), Corruption and Integrity in Ancient Greece and Rome (2012), Alexander in Africa (2015), Ancient Routes to Happiness (2017), Intellectual and Empire in Greco-Roman Antiquity (2019) en Ancient Philosophy and Early Christianity: Studies in Honor of Johan C. Thom (2022). Hy lei tans 'n gesamentlike navorsingsprojek met die universiteite van Wes-Kaapland en Gent oor responsiewe regering en bevolkingswelstand in die Laat Oudheid (2024–2026).