Kontak:Annette van Tonder
- 0218089371
Plek: Windhoek Country Club, Windhoek, Namibia
?Hierdie is 'n inleidende kursus en is gemik op enigiemand wat belangstel in Intellektuele Goederereg (IG) en Mededingingsreg. 'n Soortgelyke kursus is in 2022 en 2023 in Namibi? aangebied. Op versoek bied ons dus vanjaar weer die kursus in Namibi? aan. Die kursus word die afgelope 13 jaar in Stellenbosch aangebied.
Die Kortkursus word aangebied deur die Anton Mostert-leerstoel vir IG-reg en ander personeel van die Fakulteit Regsgeleerdheid aan die Universiteit Stellenbosch, en toonaangewende praktisyns op die gebied van IG-reg.
'n Sertifikaat van bywoning sal deur die Universiteit Stellenbosch toegeken word. Die sertifikaatprogram is geakkrediteer deur die Universiteit Stellenbosch se Afdeling: Kortkursusse.
Die kursus is prakties, en vrae sal deur elke aanbieding beantwoord word. Elke deelnemer sal kopie? van die aanbiedings op SharePoint ontvang.
Toelatingsvereistes: GEEN
Eksamenvereistes: GEEN
Akkreditasie: Universiteit Stellenbosch
Koste: R9 000 per persoon (daaglikse tee en middagete ingesluit)
Duur: 3 dae (08:30 tot 16:00)
Let asseblief daarop dat slegs digitale sertifikate uitgereik sal word.
KLIK HIER OM TE REGISTREER
PLEK:
Windhoek Country Club
Windhoek
Namibi?
DATUM:
8-10 September 2025
KONTAK:
E-pos: annettev@sun.ac.za
Skakel: 021 808 9371