中国体育彩票

图片
Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Negende tweejaarlikse konferensie oor navorsing in nagraadse studieleiding
Begin: 25/03/2025, 09:00
Einde: 28/03/2025, 09:00
Kontak:Robyn Midlane -
Plek: Protea by Marriot Hotel & Conference Centre, Stellenbosch, South Africa

?AANKONDIGING

Nagraadse Studieleiding as Relasioneel

aangebied deur die

Sentrum vir Ho?r en Volwasse Onderwys, Universiteit Stellenbosch, Suid-Afrika

Datums: 25 Maart - 28 Maart 2025

Plek: Protea by Marriot Hotel & Konferensiesentrum, Stellenbosch, Suid-Afrika

Die konferensie begin op Woensdag, 26 Maart en sluit met middagete op Vrydag 28 Maart 2025. Op Dinsdag, 25 Maart sal verskeie halfdag-voorkonferensie-werkswinkels gefasiliteer word waarvoor konferensiedeelnemers afsonderlik kan registreer.

Registreer hier

Meer inligting hier

Die Sentrum vir Ho?r en Volwasse Onderwys (CHAE) het sy eerste internasionale konferensie oor nagraadse studieleiding in 2007 gehou met die tema 'Postgraduate supervision: state of the art and the artists'. Sedertdien is nog sewe tweejaarlikse konferensies gehou.

Om voort te bou op hierdie ervaring, nooi ons graag ons wye netwerk van internasionale en nasionale konferensiedeelnemers uit na die negende Nagraadse Studieleidingkonferensie in Maart 2025. Hierdie konferensie sal by die baie gewilde Stellenbosch Protea Hotel net buite die universiteitsdorp Stellenbosch aangebied word.

Daar is die laaste paar dekades 'n 'relasionele wending' in sosiale wetenskappe met die klem op kennis en navorsing as relasionele prosesse. Hier word gefokus op die interaksie tussen belanghebbendes terwyl hulle saam kennis genereer. Van toenemende belang is die verhoudings tussen die sosiale, die biologiese en die tegnologiese in 'n meer-as-menslike wêreld. Relasionaliteit het ook beduidende implikasies vir nagraadse studieleiding. Ons verwag dat aanbiedings, besprekings en debat sal fokus op nagraadse studieleiding in sy verskeidenheid verhoudingsruimtes, prosesse en uitkomste - veral in die konteks van toenames en afnames in internasionale en oorgrens nagraadse studiegeleenthede, die rol van kennis en innovasie in ekonomie? rondom die wêreld, die belangrike rol wat studieleiers gesamentlik speel in die kwaliteit van nagraadse werk sowel as die verskeidenheid lande en instellings waar nagraadse werk en toekomstige navorsers geproduseer word. Die gekose tema hierdie keer is dus:  'Nagraadse studieleiding as relasioneel'.

Binne nagraadse studies en die studieleiding daarvan het verskeie skrywers daarop gewys dat deernis vir studente en wetenskaplike presisie nie teenoorgesteldes op 'n spektrum is nie, of dat klem op  die een outomaties die ander afwater.  Hierdie begrippe en praktyke word eerder gesien as wedersyds versterkend. Dit is dus moontlik om beide wetenskaplike akkuraatheid en deernis vir studente terselfdertyd te bevorder.

Nagraadse studieleiding en nagraadse werk vind plaas binne 'n verskeidenheid van verhoudingsruimtes: persoonlik, individueel, dissiplinêr, kollektief, institusioneel, materieel, fisies, virtueel en ander. Die 'verhoudingsreis' in studieleiding en nagraadse werk is al gedebatteer as nuttig, maar waarskynlik onvoldoende, om al die kompleksiteite en verwikkeldheid daarvan vas te vang. Ons kan dus die term 'relasioneel' koppel aan maniere waarop studies begin en bevorder word, hoe uitdagings en struikelblokke oorkom word, hoe hulp en ondersteuning verskaf word en 'n magdom ander dinamiese kenmerke van die studieleiding en studie relasie.

Laastens dui die term 'relasioneel' op verbande en gedrag wat belangrik is om betrokkenheid tussen studente en studieleiers, studente en studente, studieleiers en studieleiers, tussen instansies en hul nagraadse studente, instansies en hul studieleiers, en meer te bevorder. Ook van belang is die impak van KI en digitale platforms op studieleiding-studie verhoudings. Die tema is dus wyd genoeg om navorsing oor nagraadse studieleiding binne relasionele kompleksiteit en verskeidenheid te teoretiseer, te rapporteer, te bespreek en te debatteer. Alle onderwerpe en aspekte (besonderhede sal later aangekondig word) sal dus fokus op die onvermydelikheid van alledaagse realiteite wat studieleiers, nagraadse studente, nagraadse skole en instellings van ho?r onderwys in die gesig staar. 

Die konferensieprogram sal in Desember beskikbaar wees op die webwerf hier.