中国体育彩票

图片
Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Menseregte en Grondwetlike Aanspreeklikheid
Begin: 28/11/2024, 08:00
Einde: 29/11/2024, 16:30
Kontak:Dr Anisa Mahmoudi - 0218083036
Plek: Protea Hotel, TechnoPark Stellenbosch

Baie Suid-Afrikaners ervaar sistemiese menseregteskendings, maar dit blyk dat doeltreffende aanspreeklikheid al hoe meer ontwykend is. Terwyl ons die 30ste herdenking van grondwetlike demokrasie in Suid-Afrika vier, is die tyd ryp om die grondwetlike instellings en prosesse vir die bereiking van grondwetlike aanspreeklikheid vir menseregte in o?nskou te neem. Hierdie konferensie behels ? reeks onderwerpe wat deur vakkundiges en kenners bespreek sal word, insluitend die regbank, bestuurshervormings, Hoofstuk 9-instellings, kommissies van ondersoek, die rol van gewoontereg en sosiale aanspreeklikheidsveldtogte.

Hoofredes sal aangebied word deur waarnemende adjunkhoofregter Mbuyiseli Madlanga van die Konstitusionele Hof en advokaat Adila Hassim SC van Thulamela Chambers, Johannesburg.

Registrasie

Om jou plek as deelnemer by hierdie konferensie te verseker, registreer asseblief aanlyn. Die registrasiefooi vir die twee dae van die konferensie is R1500, betaalbaar via die skakel wat verskaf word na die voltooiing van die registrasievorm. Die fooi sluit tee, koffie en middagetes op beide dae van die konferensie in, asook 'n skemerkelkie-onthaal op die aand van Donderdag 28 November.

?