中国体育彩票

图片
Wilgenhof
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Tydlyn van gebeure

  • Januarie 2024:

    Die ontdekking van ontstellende inhoud in twee vertrekke in die Wilgenhof-koshuis. Die inhoud word na 'n veilige ruimte geneem en die twee kamers word skoongemaak en geverf.

    Studenteleiers insluitend die Wilgenhof Huiskomitee word oor die situasie ingelig

  • 24 Januarie 2024:

    Eerste mediaverklaring en interne kommunikasie deur die Universiteit om belanghebbendes in te lig. (Verskeie opdaterings, antwoorde aan die media, opvolgmediaverklarings en kommunikasie aan alumni, belanghebbers en die universiteitsgemeenskap het deur die loop van die jaar gevolg wat betref prosesse, vergaderings en besluite.)

  • 25 Januarie 2024:

    Foto's van die inhoud van die twee vertrekke word die eerste keer in die media gepubliseer.

  • 26 Januarie 2024:

    'n Videoboodskap van die Rektor en Visekanselier, prof Wim de Villiers, oor Wilgenhof-koshuis aan personeel en studente.

  • 30 Januarie 2024:

    Kommunikasie van die Rektor en Visekanselier aan personeel en studente. Daar word aangekondig dat 'n paneel deur die Rektor aangestel sal word om die inhoud van die kamers en verwante sake te ondersoek.

  • 12 Februarie 2024:

    Begin van die nuwe akademiese jaar.

  • 13 Februarie 2024:

    Aankondiging oor die finalisering van 'n paneel van drie lede om die inhoud wat in twee vertrekke by die Wilgenhof-koshuis gevind is, te ondersoek.

  • 19 Februarie 2024:

    Kommunikasie deur die Universiteit oor die uitnodiging om voorleggings aan die ondersoekpaneel in te dien en verwante inligting.

  • 29 Februarie 2024:

    Kommunikasie om belanghebbendes en die Universiteitsgemeenskap in kennis te stel van die verlenging van die sperdatum (8 Maart 2024) om voorleggings by die paneel in te dien.

  • 12 Junie 2024:

    Aankondiging en kommunikasie oor die Rektoraat wat eenparig die hoofaanbeveling van die paneel aanvaar dat die Wilgenhof-koshuis gesluit moet word; dat die Rektor aan die Raad sal aanbeveel dat die Wilgenhof-koshuis gesluit moet word en dat alternatiewe gebruike vir die geboue oorweeg word; dat die Raad die Rektor se aanbeveling by sy vergadering van 24 Junie 2024 sal oorweeg. Die paneel se geredigeerde verslag is hier beskikbaar.

  • 24 Junie 2024:

    Rektoraat se aanbeveling oor Wilgenhof dien by 'n geskeduleerde vergadering van die US Raad.

  • 25 Junie 2024:

    Kommunikasie oor die Raad wat op 24 Junie tot die gevolgtrekking kom het dat verdere konsultasie en oorweging geregverdig is voordat daar oor die toekoms van die koshuis besluit word, en 'n daaropvolgende uitnodiging aan alle belanghebbende en geaffekteerde persone en belanghebbendes om skriftelike voorleggings in te dien.

  • 31 Julie 2024:

    Sperdatum vir voorleggings aan die Raad wat betref Wilgenhof.

  • 16 September 2024

    Aankondiging deur die Raad dat die Wilgenhof-koshuis in sy huidige formaat sluit en dit te vervang met 'n herverbeelde en nuut-ge?nspireerde manskoshuis.
    - Prof Deresh Ramjugernath, Viserektor (Leer en Onderrig) lig inwoners op Maandagmiddag 16 September 2024 by die koshuis in. Personeellede van die Afdeling Studentesake ook teenwoordig.
    - Interne en eksterne kommunikasie aan personeel, studente, Wilgenhof-alumni, die media en ander belanghebbendes met betrekking tot die Raad se besluit.?