中国体育彩票

图片
Wilgenhof
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Gewilde vrae en antwoorde

Algemene vrae

Op grond van die talle voorleggings wat van belanghebbende partye ontvang is en inaggenome alle inligting wat aan die Raad beskikbaar is, is daar besluit dit is van kritieke belang dat 'n behoorlik gefassiliteerde proses gevolg word wat die US-bestuur, huidige Wilgenhof-inwoners, ander studenteleiers en koshuishoofde insluit, ten einde 'n hernieude, herbedinkde, en verjongde manskoshuis te vorm.

Die Raad het ook kennis geneem dat dié proses bedoel is om die beginpunt te wees van betekenisvolle en sistemiese verandering in die Universiteit se strewe om 'n omgewing te bevorder waar alle studente kan floreer in 'n gemeenskap wat die waardes van inklusiwiteit, respek en uitnemendheid handhaaf en wat strook met die US se Visie 2024, US-waardes, Kode 2040, die gees van US se Restitusie-verklaring en die Suid-Afrikaanse Grondwet.

'n Vernuwende koshuis sal die opbouende aspekte van Wilgenhof erken, maar ook 'n beslissende breuk maak met die onaanvaarbare en geheimsinnige praktyke van die verlede, terwyl ons vorentoe beweeg in die bevordering van 'n omgewing waar alle studente kan floreer, in 'n gemeenskap wat die waardes handhaaf van inklusiwiteit, respek en uitnemendheid.

Ja. Lede van die Rektoraat en Raad het toegang tot al die voorleggings gehad.

Die naam van die koshuis sal oorweeg word, en voorstelle in hierdie verband sal ingewag word vir oorweging deur die US se institusionele benamingskomitee en aanbevelings aan die Raad. Die benamingskomitee sal gevra word om alle voorgestelde name te oorweeg en in sluit in die voorleggings wat aan die Raad gemaak is in die aanloop tot sy besluit.

Die koshuis sal opgegradeer word in lyn met die US se strewe om leer- en leefruimtes te skep wat uitnemendheid bevorder en sodoende aan die DHOO se Beleid oor die Minimum Norme en Standaarde vir Studentebehuising by Openbare Universiteite te voldoen.

Prof Deresh Ramjugernath (Viserektor: Leer en Onderrig), het die inwoners van Wilgenhof Maandagmiddag 16 September 2024 by die koshuis ingelig. Personeellede van die Afdeling Studentesake was ook teenwoordig.

Die pad vorentoe

Volgens die Raadsbesluit van 16 September 2024 is dit bevestig dat die Wilgenhof-manskoshuis in sy huidige formaat gesluit sal word om vernuwe en opgegradeer te word en met 'n opgeknapte en herverbeelde manskoshuisstudentegemeenskap vervang te word. Hierdie gemeenskap sal na verwagting in 2026 'n junior manlike koshuisgemeenskap wees.

Die Rektoraat het alle rede om te glo dat die opknappings aan die Wilgenhof-koshuis in die loop van 2025 voltooi sal word. 'n Ho?vlak-koste- en tydsberaming vir die beoogde opgradering is by hulle vergadering op 16 September 2024 aan die US Raad voorgelê op grond van noukeurige beplanning en die Afdeling Fasiliteitsbestuur se uitgebreide ervaring van soortgelyke projekte. Daar is geen voorneme om die opknappings na later as 2025 te verleng nie.

Die Rektoraat het ook bevestig dat die verkose HK vir die volle duur van die normale 2024/2025-termyn vir HK's erken sal word. Die bedoeling is ook dat die verkose HK, saam met ander studente, Universiteitspersoneel en fasiliteerders, aan die proses van die vernuwing van die koshuisgemeenskap sal deelneem.

Wat koshuisplasing van huidige Wilgenhof-inwoners in 2026 betref, sal hulle die geleentheid kry om aansoek te doen vir plasing in die opgegradeerde koshuis, en mits hulle aan die normale akademiese en ander vereistes vir herplasing in 'n junior koshuis voldoen, sal hulle gehuisves word.

Soos deur die HK versoek, is die Sentrum vir Studentevoorligting en -ontwikkeling (SSVO) betrek om 'n groepsessie vir die huidige Wilgenhof-eerstejaarstudente te re?l. Wilgenhof-inwoners wat individuele psigososiale ondersteuning benodig, is ook genooi om met die SSVO in verbinding te tree by supportus@sun.ac.za of 021 808 4994. Die SSVO is volledig ingelig om sulke versoeke te hanteer.

Die koshuis sal vir die 2025 akademiese jaar gesluit wees en die opgraderings sal betyds voltooi wees vir die 2026 akademiese jaar. Studente sal aan die einde van die 2024 akademiese jaar die koshuis verlaat.

Alle huidige Wilgenhof-inwoners wat aan die akademiese vereistes vir herplasing in 'n koshuis voldoen en verkies om in US-koshuise te bly, het 'n aanbod ontvang om 2025 in alternatiewe universiteitskoshuise geplaas te word.

Van die 206 huidige inwoners van Wilgenhof het 167 studente aansoek gedoen om herplasing in Wilgenhof. Ongeveer 131 was suksesvol en 36 nie. Van die 131 suksesvolle studente het 103 aansoek gedoen vir plasing in alternatiewe koshuise sou Wilgenhof sluit. Van die 103 aansoeke het 6 verkies om nie die aansoekvorm te voltooi nie, en 97 het alternatiewe verblyfopsies aangedui. Dié 97 studente het op Donderdag 19 September 2024 briewe ontvang waarin hulle ingelig is in watter koshuis hulle in 2025 geplaas gaan word.

Alle studente behalwe twee kon in een van hul drie voorkeurkeuses geakkommodeer word. Studente het tot einde September 2024 om 'n besluit oor die verblyf-aanbod te aanvaar.

Huidige Wilgenhof-inwoners sal gedurende 2025 die geleentheid gebied word om aansoek te doen vir plasing in die opgegradeerde koshuis in 2026 in terme van die US-koshuisplasingsbeleid.

Daar is ook gekommunikeer met ouers van huidige Wilgenhof-studente.

Alle personeel wat tans in Wilgenhof werk, sal na toepaslike poste binne die US herontplooi word terwyl die uiteengesette prosesse en opgraderings afgehandel word. Daar sal geen impak op hul huidige werksooreenkomste wees nie.

Die US het verskeie institusionele meganismes in plek om die nodige psigososiale ondersteuning te verskaf aan studente en personeel wat bystand benodig om die nuwe dinamika van 'n aansienlik getransformeerde residensi?le gemeenskap te hanteer. Die Universiteit sal deurlopend die nodige psigososiale ondersteuning verskaf aan alle studente en personeel wat geraak word.

Voornemende eerstejaarstudente wat Wilgenhof aangedui het as een van hul voorkeurkoshuise vir 2025, en wat reeds 'n koshuisaanbod ontvang en aanvaar het en (indien van toepassing) die aanvaardingsfooi betaal het, sal die geleentheid gebied word om hul koshuiskeuse te wysig voordat hulle vir plasing in 'n spesifieke koshuis oorweeg word.

Raadsvergadering en Raad se versoek vir skriftelike voorsienings

Die Raad van die Universiteit Stellenbosch (US) het op Maandag 24 Junie 2024 vergader en breedvoerig beraadslaag oor die Rektor se aanbeveling, wat eenparig deur die Rektoraat gesteun is, dat Wilgenhof-koshuis in sy huidige formaat moet sluit op grond van die hoofaanbeveling in die verslag van die paneel wat daarmee getaak was om ondersoek in te stel na die inhoud wat in twee vertrekke in die Wilgenhof-koshuis gevind is. Die Rektor se addisionele aanbeveling was dat die gebou as 'n opgegradeerde koshuis behou moet word.

Die ontdekking van ontstellende inhoud in vertrekke in Wilgenhof vroe?r vanjaar het driftige en uiteenlopende reaksies van studente, ouers, alumni en ander belanghebbendes ontlok. Die Raad het kennis geneem dat menings oor die toekoms van Wilgenhof ten diepste verdeeld is. Dit sluit verskeie kwessies in, waaronder die interpretasie van tradisie en die behoefte dat alle praktyke by die Universiteit tot 'n inklusiewe universiteit moet lei waar alle belanghebbendes voel hulle kan behoort. Hierdie kwessies moes deeglik oorweeg word in die belang van regverdigheid, deursigtigheid en administratiewe geregtigheid, belyn met die US se visie en waardes.

Teen dié agtergrond het die Raad besluit die Rektor se aanbeveling noodsaak verdere oorweging en konsultasie.

Gevolglik het die Raad alle belangstellende en geaffekteerde persone en belanghebbendes genooi om skriftelike voorleggings in te dien oor: Die kwessies wat die sluiting of nie-sluiting van Wilgenhof tot gevolg mag hê en wat oorweeg moet word; Wat die gevolge sou wees van die aanvaarding van die Rektor se aanbeveling wat betref die herontwerp van Wilgenhof as 'n gewysigde en/of opgegradeerde koshuis; Of daar alternatiewe vir die sluiting van Wilgenhof is wat redelikerwys die bekommernisse kan hanteer wat in die paneel se verslag uiteengesit is, en wat dit sou wees; en, Watter aanwysers die Raad moet gebruik om die sukses van hierdie alternatiewe te meet.

Die tydperk vir die indiening van skriftelike voorleggings het op Woensdag 26 Junie 2024 om 09:00 begin en is afgesluit op Woensdag 31 Julie 2024 om 17:00

a. Kommunikasie is via interne e-pos en die Universiteit se webwerf versprei. Engels en Afrikaans

Die Paneel se verslag en aanveling deur Rektoraat

Die ontdekking van die items in twee kamers by Wilgenhof in Januarie 2024 en die aanstelling van 'n paneel om die items in o?nskou te neem, volg op die US se konsekwente standpunt oor die handhawing en verskansing van die menswaardigheid van al ons studente en personeel, en 'n verbintenis om onverpoosd onaanvaarbare praktyke op ons kampusse en in studente-verblyf aan die US uit te roei.

Met die aanstelling van die paneel het die Rektoraat gestreef na die verwesenliking van die transformasie van die Universiteitskultuur in ooreenstemming met US se Visie 2040.

Die Rektoraat het die paneel se hoofaanbeveling aanvaar dat Wilgenhof-koshuis gesluit moet word.

Die Rektor het gevolglik die Raad aanbeveel dat Wilgenhof-koshuis in sy huidige vorm gesluit moet word en dat alternatiewe gebruike vir die geboue oorweeg moet word. Die Raad het op sy vergadering van 24 Junie 2024 besin oor die Rektor se aanbevelings.

Ja. Kommunikasie is via interne e-pos en die Universiteit se webwerf versprei: Engels en Afrikaans

Ja, die verslag is hier op die Universiteit se webwerf beskikbaar.