中国体育彩票

图片
Wilgenhof
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Die feite

Die Wilgenhof-koshuis het 'n totale kapasiteit van 206 beddens. Dit is een van die kleinste manskoshuise vir junior studente uit 12 junior koshuise wat manstudente akkommodeer (insluitend gemengde koshuise). Daar is tans 3295 lewende Wilgenhof-alumni op die US-databasis. Dit is nie korrek dat Wilgenhof alumni of inwoners die Wilgenhof-eiendom en geboue besit nie. Die Universiteit is egter bewus daarvan dat lede van die Wilgenhof Alumnivereniging die naam “Wilgenhof" sowel as die domeinnaam van die webwerf van Wilgenhof-koshuis geregistreer het.

Deelname van Wilgenhof-inwoners aan studente-aktiwiteite in 2024

Bewerings is gemaak dat “die Universiteit, die Rektoraat en bestuur" Wilgenhof-studente uitgesluit het van alle universiteits- en kluster-geleenthede en aktiwiteite sedert die begin van 2024. Dit is nie feitelik korrek nie.

Wilgenhof vorm deel van die Victoria-kluster wat die koshuise Monica en Harmonie en die Pendel-studentegemeenskappe Silene and Oude Molen insluit.

Wat kluster-aktiwiteite betref is Wilgenhof genooi om deel te neem aan Kluster Atletiek aan die begin van die jaar en die Victoria Kluster Jazz-aand, en hulle het aktief deelgeneem aan die onlangse Victoria Kluster-leierskapskoukus. Wilgenhof het ook deurlopende toegang gehad tot kluster-hulpbronne en infrastruktuur, byvoorbeeld die Victoria Hub.

Wat ander kampusaktiwiteite betref: Wilgenhof het onder meer deelgeneem aan die amptelike Universiteitsopening vir nuwe studente by Coetzenburg, die Dream Walk, die Verwelkoming-skou, Kampusliga Rugby, Kampusligasokker, die Derby-week, Mollasse Sêr en US Acapella.

Ná verskeie gefasiliteerde beraadslagings in Januarie het studenteleiers in die Victoria-kluster (Monica, Harmonie, Silene en Oude Molen), waarvan Wilgenhof deel is, egter besluit dat Wilgenhof nie aan Klusterdag (die eerste Saterdag van die verwelkomingstydperk) sal deelneem nie.

Koshuisaansoeke volgens aansoekkeuse

Wilgenhof het oor die afgelope jare die laagste aantal aansoeke (van voornemende studente) van die manskoshuise en gemengde-koshuise (Goldfields and Metanoia) met manskamers ontvang. In totaal het Wilgenhof die afgelope agt jaar (vir die innamejare van 2016-2023) die laagste aantal aansoeke (van voornemende studente) vir eerste, tweede en derde keuse ontvang. (Altesaam 4 519 aansoeke teenoor 13 173 aansoeke vir Dagbreek - die hoogste.) Wat die eerste keuse betref, was Wilgenhof die afgelope paar jaar in die onderste drie of vier.

Dit is nie korrek dat Metanoia "baie min" aansoeke van voornemende studente ontvang nie.

  • Die US se voorgraadse gemengde koshuise (Stellenbosch) is Goldfields, Metanoia en Huis Neethling.
  • Die senior gemengde koshuise (Stellenbosch) is Lobelia, Concordia, Huis MacDonald, Huis de Villiers, Huis Russel Botman House en The Village
  • Die US gemengde koshuise of the Tygerberg-kampus, is Hippokrates, Meerhoff, eNkanyini, Huis Nkosi Johnson House en Huis Ubuntu House

Inligting oor US-koshuise is hier beskikbaar.