Jongste oor Wilgenhof

Die Raad van die Universiteit Stellenbosch (US) het by sy vergadering van 16 September 2024, kragtens klousule 10(3)(g) van die US se Statuut, die besluit geneem om die Wilgenhof-koshuis in sy huidige formaat te sluit en te vervang met 'n herverbeelde en nuut-ge?nspireerde manskoshuis studentegemeenskap. 'n Hernude koshuis sal die konstruktiewe aspekte van Wilgenhof erken, maar ook 'n beslissende breuk maak met die onaanvaarbare en geheimsinnige praktyke van die verlede soos wat ons vorentoe beweeg om 'n omgewing te skep waar alle studente kan floreer, in ? gemeenskap wat die waardes van inklusiwiteit, respek en uitnemendheid handhaaf.

30 September 2024

Die US-Raad het die redes vir sy besluit verskaf, soos hier gepubliseer, in reaksie op 'n formele versoek om redes ingevolge die Wet op die Bevordering van Administratiewe Geregtigheid Wet 3 van 2000, te verskaf.