中国体育彩票

图片
Students
Welkom by Universiteit Stellenbosch

????????????????????????????????????????????????????????????Readmission-hero_img.jpg?

Die hertoelatingsproses vir voorgraadse studente word deur die Universiteit Stellenbosch se hertoelatingsre?ls en -proses beheer, soos uiteengesit in die Universiteit se Algemene Jaarboek, Deel 1, vir 2025 onder die opskrif “Hertoelating ná onsuksesvolle studies."

Die hertoelatingsvereistes vir die US se voorgraadse programme word nou in terme van akademiese jaar en kumulatiewe kredietvereistes bepaal.

Ingevolge hierdie re?ls moet voorgraadse studente 'n sekere aantal krediete in 'n bepaalde akademiese jaar verwerf (slaag) om verder te kan studeer. Studente wat nie voldoende krediete verwerf nie en dus nie aan die hertoelatingsvereistes voldoen nie, sal nie toegelaat word verder te studeer nie.

Studente kan teen akademiese uitsluiting appelleer deur vir hertoelating tot EEN akademiese program vir 2024 2025 aansoek te doen. Appèlle vir hertoelating sal deur die Hertoelatingsappèlkomitee van die onderskeie fakulteite oorweeg word. KLIK HIER om die kredietvereistes per fakulteit te sien.

click.pngKLIK HIER om die amptelike brief te lees wat aan studente gestuur is e?n waarin die volledige hertoelatingsappèlproses verduidelik word

?
Hertoelatingsappèlaansoekvorms

Voltooi die Hertoelatingsappèlaansoek ten volle op die studente portaal. Verseker dat jy alle inligting/dokumentasie beskikbaar het voor jy die hertoelatingsaansoek indien. Die inligting wat jy op die aansoek invoer kan nie gestoor word vir verdere aanpassings nie.

Lees en volg asseblief die riglyne soos uiteengesit noukeurig en maak seker dat jou volledig?-ingevulde hertoelatingsaansoekvorm, saam met al die vereiste stawende dokumente en bewys van die hertoelatingsaansoekfooi voor of op sluitingsdatum ingedien word.

Verdere inligitng rakende die studente portaal aansoekproses sal binnekort kommunikeer word.




Sluitingsdatum vir appèlle vir hertoelating

Die sluitingsdatum vir die indiening van appèlle is Vrydag, 10 Januarie 2025, uitgesluit aansoeke aan die Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe (FGGW) wat teen Vrydag, 29 November 2024 vir die FGGW Desember-vergadering of teen Vrydag, 17 Januarie 2025 vir die FGGW Januarie-vergadering ingedien moet word.

?




Studente sal skriftelik van die uitslag van 'n hertoelatingsap?pèlaansoek in kennis gestel word nadat die Hertoelatingsappèlkomitee vergader het.

Belangrike inligting

Lees asseblief die onderstaande inligting aandagtig deur waarin die stappe om jou appèlaansoekvorms in te dien, asook betalingsbesonderhede en ander belangrike inligting oor die hertoelatingsappèlproses uiteengesit word.

??

?
?
  1.  Akademiese jaar kredietvereistes verwys na die persentasie krediete wat studente vir elke akademiese jaar moet slaag (bv. BSc eerste jaar, of BSc tweede jaar).

    Voorbeeld: Indien die totale krediete vir verpligte modules van die betrokke akademiese jaar 120 krediete is en die hertoelatingsvereiste is dat 'n student 50% van die akademiese jaar se krediete moet slaag, moet die student 120 krediete X 50% = 60 krediete teen die einde van die akademiese jaar slaag.

  2. Kumulatiewe kredietvereistes verwys na die gekombineerde persentasie krediete wat studente moet slaag vir al die akademiese jare waarvoor hulle in 'n program geregistreer is.

    Voorbeeld: Indien die gesamentlike krediete vir verpligte modules van elke akademiese jaar (jaar 1 en jaar 2) 246 krediete beloop (die student is in hulle tweede jaar aan die US in 'n BSc-program en die krediete vir BSc eerste jaar = 120 en BSc tweede jaar = 126) en die vereiste is dat 'n student 70% van die kumulatiewe krediete moet slaag, moet die student 246 krediete X 70% = 172 krediete aan die einde van hulle tweede jaar slaag.

  3. KLIK HIER om die kredietvereistes per fakulteit te sien.

  4. Uitsonderings
     Indien jy weens die betrokke program se voor- of newemodulevereistes beperk word om die volle kredietlading vir 'n spesifieke akademiese jaar te neem en jy het minstens 80% van die krediete wat in daardie akademiese jaar geneem het, geslaag, kan die betrokke fakulteit outomatiese hertoelating aan jou verleen, selfs al voldoen jy nie ten volle aan die betrokke akademiese jaar en/of kumulatiewe kredietvereistes nie.
?

1. Voltooi die Hertoelatingsappèlaansoek ten volle op die studente portaal. Verseker dat jy alle inligting/dokumentasie beskikbaar het voor jy die hertoelatingsaansoek indien. Die inligting wat jy op die aansoek invoer kan nie gestoor word vir verdere aanpassings nie.
2. Lees en volg asseblief die riglyne soos uiteengesit noukeurig. 
3. Indien van toepassing, voltooi die Mediese/Gesondheidsorgpraktisyn se Verslag ten volle. Die dokument kan HIER afgelaai word. Let asseblief daarop dat hierdie verslag ook deur jou mediese of gesondheidsorgpraktisyn voltooi moet word. Dit is dus belangrik dat jy hierdie proses so gou as moontlik begin om te verseker dat die verslag voor die sluitingsdatum voltooi word. ?
4. Indien van toepassing, voltooi die Programveranderingsmotiveringvorm ten volle. Die vorm kan HIER afgelaai word. ?
5. Betaal die HAK-aansoekgeld. Die aansoekgeld beloop R 540 en kan in die US se bankrekening gedeponeer word of deur internet-oorplasing in betaal word. Bewys van betaling moet jou aansoek vergesel. Die twee betalingsopsies word hieronder verduidelik.

6. Skryf jou voorletters, van, studentenommer en die program waarvoor jy om hertoelating aansoek doen, bo-aan elke bladsy van die stawende dokumente wat jy by jou aansoek insluit om jou versoek te ondersteun. Jou stawende dokumente moet dan geskandeer en per e-pos saam met jou aansoekdokumente gestuur word
7. Dien jou aansoek op die studente portaal in met alle stawende bewyse en bewys van betaling
8. Rig hertoelatingsnavre aan die e-posadresse van die fakulteite wat hieronder aangedui word:

?Fakulteit
E-posadres
Lettere en Sosiale Wetenskappe
Ingieurswese
Ekonomiese en Bestuurswetenskappe
Regsgeleerdheid
AgriWetenskappes
Opvoedkunde
Natuurwetenskappe
Opvoedkunde
Teologie




readmit@sun.ac.za
Geneeskunde en Gesondheidswetenskappes fmhs_readmit@sun.ac.za


Die hertoelatingsappèlaansoekfooi van R540 kan in die US se bankrekening inbetaal of per internetoorplasing betaal word. Bewys van betaling moet jou aansoek vergesel. Daar is twee bankopsies:??

Betaling met kredietkaart of elektroniese fondsoorplasings (EFT’s)

  • Gaan na ? www.maties.com
  • Klik op Students
  • Klik op Fees
  • Klik op Student Fees online payments

Internet-bankbetalings deur Standard Bank se bankdienste

  • Kies Payments, Pay Beneficiary en dan “Add new beneficiary”
  • Kies Company onder Business Directory
  • Voer die naam van die begunstigde in: Universiteit Stellenbosch en soek
  • Kies: “Universiteit Stellenbosch – Studentegeld”
  • Begunstigde-besonderhede/verwysings:
  • Onthou om onder Your details, My Reference Universiteit Stellenbosch in te tik: Stellenbosch 中国体育彩票
  • Begunstigde-verwysing: Studentenommer
??
?

As jy nie nou om hertoelating wil aansoek doen nie – of as jy wel om hertoelating aansoek doen, maar nie hertoegelaat word nie – en jy wil in die toekoms om hertoelating tot die US aansoek doen, sal jy eers moet bewys dat jy in staat is om suksesvol by 'n tersiêre instelling te kan studeer.

Vir hierdie doel sal jy toepaslike modules in jou studieveld moet slaag wat van dieselfde standaard en werklading as dié van die US is, om vir hertoelating tot die US oorweeg te word. Jy kan hierdie modules by enige universiteit van jou keuse doen. ? ?

Dui duidelik op die hertoelatingsaansoekvorm aan tot watter program jy hertoegelaat wil word. Jy kan aansoek doen om hertoelating tot dieselfde of 'n ander program in die fakulteit waar jy voorheen geregistreer was, of tot 'n program in 'n ander fakulteit, maar jy mag slegs om hertoelating tot een program aansoek doen. Indien jou aansoek om hertoelating tot daardie program nie suksesvol is nie, sal jy nie toegelaat word om aansoek te doen om hertoelating tot 'n ander program, of as 'n spesiale student nie.

Let asseblief daarop dat indien jy nie voorheen vir enige van die volgende programme geregistreer was nie, jy nie in aanmerking kom om vir hertoelating tot hierdie spesifieke programme aansoek te doen nie: ??

  • B in Maatskaplike Werk
  • BA (Sportwetenskap)
  • BSc (Sportwetenskap)
  • BA (Regte), BCom (Regte), LLB, BAccLLB
  • BSc (Voedselwetenskap)
  • MBChB
  • BSc in Dieetkunde
  • BSc in Fisioterapie
  • B in Arbeidsterapie
  • B in Spraak-, Taal- en Gehoorterapie
  • B in Verpleegkunde
  • BEd
?

Hierdie hertoelatingsaanbod sluit nie verblyf in nie. Dit bly jou verantwoordelikheid om jou eie verblyf te vind. Die Studenteakkommodasiekantoor sal nie studente met privaat akkommodasie kan bystaan indien daar nie finansiering beskikbaar is nie. Die meerderheid van ons gefinansierde studente wat hertoegelaat word, het ook hulle finansiering verloor. Hertoegelate studente sal ook nie vir koshuisverblyf oorweeg word nie, aangesien hulle nie aan die akademiese vereistes voldoen nie. Dit is dus nodig dat studente wat hertoegelaat word, die nodige verblyfre?lings self tref.?

??
?
?
?
?
?

?

?

?
?
?


?