Graad 10-12 Eksamenvoorbereiding
??????
?
Meer oor ons
?Die Telematiese skoleprojek is 'n gesamentlik inisiatief van die Wes-Kaapse Onderwysdepartement en die Universiteit Stellenbosch om onderwys deur tegnologie te implementeer. Die projek verskaf lesse via satelliet- en regstreekse stroming aan leerders in Grade 10 tot 12.
Die vernaamste idee agter die projek is om leerders van ho?kwaliteit onderrig te verskaf, wat spreek tot die visie van die WKOD: kwaliteit onderrig aan elke leerder in elke klaskamer in elke skool. Die uitsendings vervang nie wat op 'n daaglikse basis in die klaskamer gebeur nie; dit ondersteun alledaagse onderrig deur wat die onderwysers reeds onderrig het, te hersien en te konsolideer.
Die onderwysers word dus geensins vervang nie. Die projek het ook 'n paar onvoorsiene uitkomste; een hiervan is dat die onderwysers ook by ander onderwysers leer, en dus is die onderrig in baie klaskamers verbeter soos onderwysers aan tegnieke en metodes blootgestel word wat deur hulle eweknie? gebruik word.
Alle skole oor Suid-Afrika heen trek voordeel uit die interaktiewe satellietuitsendings in die middae wat fokus op moeilike konsepte in agtien belangrike vakke. Die volgende vakke is in Engels en Afrikaans beskikbaar: Afrikaans (HT en EAT), English (HT en EAT), Wiskunde, Wiskundige Geletterdheid, Rekeningkunde, Lewenswetenskappe, Geskiedenis, Fisiese Wetenskappe, Besigheidstudies, Ekonomie, Geografie, Tegniese Wiskunde en Tegniese Wetenskappe en Toerisme.
- Die aanbieders verduidelik sleutelkonsepte en spreek areas aan waarin die leerders in vorige eksamens probleme ervaar het.
- Leerders kan reageer deur aan die aanbieder in die ateljee vrae te vra via WhatsApp, Facebook, Messenger en e-pos.
- Die onderwysers en leerders kan ook al die materiaal en video's van die Telematiese Skole-webblad (schools.sun.ac.za) aflaai.
Webtuiste
Nulkoers ('zero-rated') Webblad : schools.sun.ac.za, of e-pos school@sun.ac.za.
Laai die gids af en leet hoe jy die meeste by die projek kan baat vind: Gebruikersgids
Of kyk na die projekvideo om meer te leer:
?
?