????????????

Vra ons?

Dis natuurlik om vrae oor jou aansoek of sommer net die Universiteit Stellenbosch in die algemeen te hê – jy's immers ? weetgierige mens!

Ons vriendelike en professionele konsultante is reg om jou te help om antwoorde op jou vrae en oplossings vir jou probleme te kry. Ons kli?ntedienssentrum kan jou in Afrikaans, Engels, Xhosa en Zulu te woord staan. As jy met e-pos, webklets of sosiale media wil voelers uitsteek, kan ons in Afrikaans en Engels reageer.

Watter vrae het mense tipies?
- Hoe doen ek aansoek? Is dit ? moeilike of maklike proses? Kan iemand my help?
- Wat kan ek op Stellenbosch swot?
- Aan watter vereistes moet ek voldoen om vir my program aansoek te doen?
- Hoe en wanneer gaan ek weet of ek voorlopig toegelaat is? En wanneer kan ek doodseker wees?
- Hoe kan ek op kampus woon? Wat as ek nie in ? koshuis wil bly nie? Wat is ? PSO?
- Ek het vir koshuisakkommodasie aansoek gedoen, maar ek is nie geplaas nie – wat maak ek nou?
- Hoe doen ek om finansi?le steun aansoek?
- Ek kort hulp en weet nie wie om te vra nie!

Wanneer en hoe kan ek julle kontak?
Maandag tot Vrydag (elke werksdag)
Tyd: 08:00 tot 16:30
Tel: +27 21 808 9111
E-pos: info@sun.ac.za
WhatsApp hulplyn: 061 729 8858

Ons wil hê dat jy, elke keer wat jy ons tydens jou aansoekproses kontak, vriendelikheid en professionaliteit ervaar en voel dat ons positief bydra tot jou waardigheid.

En ons sal jou steeds bystaan nadat jy suksesvol geregistreer het. Ons werk saam met omgewings wat ? impak op studente het en help om seker te maak dat jy as Matie ? studente-ervaring het wat positief en bemagtigend is en jou in staat stel om te ontwikkel.

Wat as ek inligting oor aansoekers, bestaande studente of alumni wil hê?
- Die wet sê ons mag nie enige inligting aan ouers of voogde bekend maak as ? aansoeker eers geregistreer het nie. Dit beteken dat ouers of voogde die spesifieke student vir inligting moet vra – hulle sal deur hul studenteplatforms toegang tot inligting kan kry of inligting kan aanvra.
- Jy is baie welkom om ons PAIA-aansoekproses te gebruik. Gaan na http://www.sun.ac.za/afrikaans/t-v en volg die stappe wat daar uiteengesit word.

Ons is Maandae tot Vrydae tussen 08:00 en 16:30 reg om jou te help as jy enige ander inligting nodig het.

Die Kli?ntediensspan