中国体育彩票

图片
Management
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Konvokasie

??????????????????????????????????????

?Kennisgewing aan lede van die Konvokasie:
Verkiesing van een lid van die Konvokasie om in die US Raad te dien

Op 24 Julie 2024 is lede van die Konvokasie van die Universiteit Stellenbosch (US) uitgenooi om nominasies voor te lê vir die verkiesing van een (1) lid van die Konvokasie om in die US Raad te dien. Ons het vyf (5) geldige nominasies vir die vakante posisie ontvang.

Ons doen ’n beroep op lede om aan die verkiesing deel te neem deur hulle stem uit te bring.

Klik hier vir die volle kennisgewingKlik hier vir visiestellings
en CV's

Die Konvokasie dien as ’n platform vir US-alumni om hulle mening te lug, idees uit te ruil en tot die rigting en toekoms van die instelling by te dra. Volgens die institusionele re?ls ?vir die Konvokasie sowel as die US Statuut is dit die Konvokasie se mandaat om ’n wedersyds voordelige verhouding tussen die Universiteit en Konvokasielede te handhaaf. Deur die Raad en Senaat van advies te voorsien, vervul die Konvokasie ’n belangrike rol in die welstand van die Universiteit.

?

Wie is die Konvokasie?

Die Konvokasie bestaan uit alle US-gegradueerdes, akademiese personeel, en voormalige voltydse akademiese personeel wat aftreeouderdom bereik het. Om doeltreffende kommunikasie te verseker, is dit noodsaaklik dat jy jou kontakbesonderhede by OAB bywerk. As ’n Konvokasielid, kan jy stem oor kwessies wat ter tafel gelê word, en sal jy belangrike kennisgewings ontvang.?

Die Uitvoerende Komitee van die Konvokasie

Die Uitvoerende Komitee, wat uit vyf verkose verteenwoordigers bestaan, hou toesig oor die Konvokasie se werksaamhede en dien as ’n skakel tussen die Konvokasielede en die bestuur van die Universiteit. Hierdie lede beklee hulle amp vir drie jaar en dra aktief tot die aktiwiteite van die Konvokasie by. Die nuwe Uitvoerende Komitee word in 2024 verkies.

Rolle in die Uitvoerende Komitee

Die president en visepresident belê jaarlikse en buitengewone Konvokasievergaderings, en die sekretaris is verantwoordelik vir rekordhouding en kommunikasie met lede. Hulle word deur twee bykomende lede aangevul.

Die impak van die Konvokasie

Die Konvokasie dien as ’n raadgewende liggaam vir die Raad en die Institusionele Forum. As ’n Konvokasielid, kan jy advies gee, persone vir poste benoem, en verteenwoordigers tot die Universiteit se oorsigbestuursliggame verkies. Deelname aan die Konvokasie bied jou die geleentheid om belangrike besluite oor beleide, bestuursaanstellings en die algemene institusionele kultuur te be?nvloed.

Wie is lede van die Konvokasie?

Almal aan wie ? kwalifikasie by ? kongregasie (d.w.s. ? gradeplegtigheid) van die US toegeken is, is lede van die Konvokasie; so ook die Rektor, Viserektore, Uitvoerende Bedryfshoof en voltydse akademiese personeel. Voltydse akademiese personeel aan die US bly ook lede van die US Konvokasie ná aftrede.

Die Konvokasie word verteenwoording deur sy Uitvoerende Komitee van vyf lede, sowel as drie verteenwoordigers op die Universiteitsraad, en een verteenwoordiger op die Institutionele Forum.

?Uitvoerende Komitee??

??placeholder.jpg

?placeholder.jpg?

?placeholder.jpg

??placeholder.jpg?

placeholder.jpg??????

??Theo de Jager

President

Johan Acker Smit

Visepresident 

?Bernard Pieters?

Sekretaris?

?Isabelle de Taillefer

Addisonle Lid

Jan de Villiers??

Addisionele Lid 

 

Klik hier vir relevante dokumentasie >>??
??
????
?
?
??

?
?
?
?
?