中国体育彩票

图片
Deresh-Ramjugernath
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Prof Deresh Ramjugernath  

Die rol van die Rektor en Visekanselier

Die Rektor en Visekanselier is die prinsipaal, uitvoerende hoof, rekenpligtige beampte en akademiese leier van die Universiteit, en is aanspreeklik vir die bestuur en administrasie van die Universiteit, asook vir bykomende verantwoordelikhede wat deur die Universiteitsraad gedelegeer word.

Inhuldigingsprogram

Prof Deresh Ramjugernath, die 13de Rektor en Visekanselier van die Universiteit Stellenbosch, het op 1 April 2025 sy nuwe amp aanvaar. Hy word amptelik op Woensdag 1 Oktober 2025 ingehuldig. Die inhuldiging word op die Stellenbosch-kampus gehou en 'n regstreekse stroomuitsending van die geleentheid begin om 10:00.

 

Meer oor die Rektor en Visekanselier

Prof Deresh Ramjugernath, 'n gesoute en hoogs ervare ho?ronderwysleier met uitgebreide senior uitvoerende ervaring in die sektor in Suid-Afrika, het in Januarie 2021 amptelik by die Universiteit Stellenbosch aangesluit as Viserektor: Leer en Onderrig.

Hy beskik oor uitgebreide direksie- en bestuurservaring nadat hy op verskeie maatskappydireksies en organisasierade gedien het.

Ramjugernath is 'n hoogsgerekende wetenskaplike op die gebied van chemiese ingenieurswese en spesifiek in chemiese termodinamika en skeidingstegnologie (hy het op 31-jarige ouderdom die jongste volle professor in sy vakgebied in Afrika geword). Hy het tot 2018 die DWT/NNS Suid-Afrikaanse Navorsingsleerstoel (SARChI) vir Fluoorprosesingenieurswese en Skeidingstegnologie beklee.

Hy was die studieleier vir meer as 130 meestersgraad- en PhD-studente wat gegradueer het en het meer as 20 postdoktorale genote gelei. Daar het al meer as 350 eweknie-beoordeelde vaktydskrifartikels deur Ramjugernath verskyn en hy het al het ten minste 300 referate by internasionale konferensies aangebied.

Ramjugernath het aan die UKZN studeer en die grade BSc Ing (Chemies) in 1993, MSc Ing (Chemies) - wat in 1995 opgegradeer is na 'n PhD - en 'n PhD in Chemiese Ingenieurswese in 2000 verwerf.

Prof Ramjugernath woon saam met sy vrou, prof Prathieka Naidoo, 'n bekwame akademikus in eie reg, en hulle drie dogters op Stellenbosch. Behalwe dat hy 'n hondeliefhebber en 'n ywerige sportliefhebber is wat tennis, padel en gholf speel, is Ramjugernath lief vir die buitelewe.

Aanstelling

Die Raad van die Universiteit Stellenbosch het op 15 April 2024 formeel aangekondig dat hulle met die soektog na die Universiteit se 13de Rektor en Visekanselier begin het. Ná 'n deursigtige en inklusiewe proses het die Raad op 5 September 2024 die aanstelling van prof Deresh Ramjugernath as die nuwe Rektor en Visekanselier aangekondig.

 

Fokusareas

Prof Deresh Ramjugernath sien akademiese uitnemendheid as een van sy drie fokusareas vir die volgende paar jaar – met mense, kultuur en prosesse; en vennootskappe en volhoubaarheid wat die ander twee is. Hy het op sy eerste dag in die amp sy visie met die Universiteitsgemeenskap gedeel.