???????????? | Bestuur van die US Strategiese Fonds |
? |
Die US Strategiese Fonds fokus op inisiatiewe wat direk belyn is met die visie, missie en kern strategiese temas van die Universiteit, soos vervat in Visie 2040 en die Strategiese Raamwerk 2019–2024. Die toekenning van fondse geskied ten opsigte van die ses kern strategiese temas van die Universiteit en die gepaardgaande institusionele doelwitte. Beide die Strategiese Fonds se sekretariaat en prosesbestuurder is in die Afdeling vir Institusionele Strategie, Navorsing en Analitika gesetel. Sodoende neem die afdeling verantwoordelikheid vir die bestuur, administrasie en voorsiening van ondersteuning aan belanghebbendes en aansoekers van die Fonds en ondersteun die Universiteit se bestuur in die belyning van strategiese befondsing met die Universiteit se strategiese doelwitte. |
2024-geleentheid
Let asseblief daarop dat daar geleentheid is om vir 2024 aansoek te doen om befondsing uit Kategorie C.1.1 van die Strategiese Fonds.
NUUT: Die aansoek word nou d.m.v. ’n elektroniese platform, Smartsheet, ingedien. Dit sluit die nodige werkvloei in.
Om ’n aansoek in te dien, volg asseblief die stappe hieronder: ?
?Aksies (Aansoeker) | ?Relevante dokumentasie | ??Indieningsdatum | |
1. | Bestudeer
die Strategiese Fonds-regulasie om u te vergewis van die kriteria vir Kategorie
C.1.1. | ||
2. | Laai
die templaat vir Kategorie C.1.1-aansoeke af (Word-formaat) en voltooi dit. | ? | |
?3. | ?Voltooi die aanlyn indieningsvorm en laai die voltooide templaat (Word-dokument) op.
| ?Klik
op die skakel? om toegang tot die elektroniese platform te kry. | ?18 Oktober 2024, voor 14:00? |
Administratiewe stappe (Strategiese
Fondskantoor, graderingspaneel en Strategiese Fondskomitee)?
? | ?Aksie | ?Tydlyn |
1. | Die
graderingspaneel evalueer die aansoeke | Tussen 21 Oktober en 7 November 2024 |
2. | Die Strategiese Fondskomitee vergader en besluit watter Kategorie-C.1.1-aansoeke word goedgekeur | 21
November 2024 |
3. | Die Strategiese Fondskantoor lig elke aansoeker in i.v.m. die uitslag van hul aansoek | 2
Desember 2024? |
Kontakpersoon: Mnr Martin de Abreu??
Bestuur van die US Strategiese Fonds
?