????????????????????????????????????????????????????Convo elect_hero copy.png??

?????
(Gelys in alfabetiese volgorde)?
?

Lees meer oor die kandidate hieronder. Die suksesvolle kandidaat sal ’n vakature op die raad van die Universiteit Stellenbosch vul vir die termyn 1 Oktober 2024 - 30 September 2028.
?????????


Mnr Heindri Adre Bailey

Die wêreld het ‘n kantelpunt bereik, van dreigende klimaatsineenstorting tot geo-politieke onsekerheid, die wankelende internasionale orde, ekonomiese stagnasie en verhoogde ongelykhede. Universiteite is van kardinale belang om hierdie eksistensi?le uitdagings aan te spreek; veral in SA waar slegs 5% van die burgers oor 'n universiteitskwalifikasie beskik.As 'n voormalige US student, akademikus en gevestigde internasionale adviseur, sal ek beleide bevorder wat aanpasbaar, innoverend en responsief is jeens hierdie uitdagings. Ek sal die diverse stemme van ons alumni mobiliseer om pro-aktief 'n inklusiewe en verwelkomende omgewing te skep wat die mees begaafde plaaslike en internasionale talent na Stellenbosch sal lok.?

?
?


Klik asb hier vir 'n verkorte CV?


Mnr ?Duan Coetzee

Na sewe jaar op Stellenbosch en 35 jaar in die besigheids- en bemarkingswêreld, is my doel om my ervaring en kennis te gebruik om die US se bemarking, kwaliteit van onderrig, diens, veiligheid, moraal en beeld te help bevorder en na nuwe hoogtes te neem - op beide Nasionale en Internasionale vlak. Ek is 'n rasionele sakeman met 'n goeie dosis 'common sense', wie se doel sal wees om nugtere en wel-deurdagte oplossings te help vind in terme van daaglikse en ook komplekse besluite wat die US dikwels moet neem - vry van enige bedekte agendas en ideologie?.?




Klik asb hier vir 'n verkote CV
?????

?Mnr Waldimar Pelser??

Die Universiteit Stellenbosch behoort nie aan enige drukgroep nie Dit is 'n nasionale bate wat vir studente oral in ons land 'n voertuig moet kan wees vir die verwesenliking van hul menslike potensiaal deur die ontwikkeling van broodnodige vaardighede. Dit sluit kritiese denke in. Maar benewens hierdie algemene verantwoordelikheid teenoor die nasie het die Universiteit, in die lig van sy geskiedenis, ook 'n spesifieke verantwoordelikheid teenoor die gemeenskappe van die Wes-Kaap. Ek glo dit is nodig en moontlik om in nouer samewerking met ander alumni albei hierdie missies - die algemene en die spesifieke - suksesvol na te streef.??

?


Klik asb hier vir 'n verkorte CV
??
?

?Mnr Crispin Sonn

Ek aanvaar die nominasie met beskeidenheid, en as 'n geleentheid om die Universiteit Stellenbosch-gemeenskap te dien.

US beleef uitdagende tye in sy geskiedenis. Ons steun ons Universiteit in sy voortdurende strewe na uitnemendheid in al sy aktiwiteite, terwyl die instelling koers moet vind tussen eise van sy diverse gemeenskappe, en ‘n leierskaprol speel in oorgangstye wat Suid-Afrika en die wêreld beleef – sosiaal, polities, ekonomies.

Ek staan gereed om al my vaardighede en ervaring te benut om ons alma mater te help om hierde veeleisende tye te omskep in geleenthede om sterker uit te styg as wêreldbekende baken van uitnemendheid. ?

JA Smit photo.jpg?




Kli?k asb hier vir ?'n verkorte CV.
????????????

Dr Ronel Retief
Registrateur?
Universiteit Stellenbosch?


?