中国体育彩票

图片
Management
Welkom by Universiteit Stellenbosch

??Oproep om te stem:? Verkiesing van een (1) Raadslid vir die termyn 1 Oktober 2024-30 September 2028?Untitled-1.jpg

?Op 24 Julie 2024 is lede van die Konvokasie van die Universiteit Stellenbosch (US) uitgenooi om nominasies voor te lê vir die verkiesing van een (1) lid van die Konvokasie om in die US Raad te dien. Ons het vyf (5) geldige nominasies vir die vakante posisie ontvang. Een lid het intussen sy nominasie teruggetrek?.

Ons doen ’n beroep op lede om aan die verkiesing deel te neem deur hulle stem uit te bring.

Die kandidate, in alfabetiese volgorde, is:
Heindri Adré Bailey
Duan Coetzee
Waldimar Pelser

Crispin Franklyn Sonn

Vir die visiestellings van hierdie kandidate, asook vir hulle CV's, besoek gerus die Konvokasie-webblad.

Ons probeer deurlopend om die ervaring van ons Konvokasielede te verbeter, en in hierdie verband het ons die unieke skakel geskep waarop lede bloot kan klik en ‘n stem uit te bring. Geen intekening (“login”) is nodig nie. 
?
Indien u bewus is van ’n Konvokasielid wat nie hierdie e-pos ontvang het nie, vra hulle asseblief om ’n e-pos aan verkiesings@sun.ac.za te stuur om hulle unieke kennisgewing te ontvang en om hulle besonderhede te bevestig

Die stemplatform maak Maandag, 16 September om 08:00 oop, en sal outomaties sluit op 26 September 2024 om 23:59.

Verkiesingsre?ls

  1. Stemming sal slegs op ’n aanlyn platform plaasvind. ?
  2. Lede het tien (10) kalenderdae om hulle stemme uit te bring deur van hierdie aanlyn platform gebruik te maak. Geen laat stemme sal oorweeg word nie.
  3. Lede sal toegelaat word om slegs een keer te stem, en sodra ’n stem uitgebring is, is dit finaal.
  4. Lede kan vir slegs een (1) kandidaat stem, aangesien daar slegs een (1) vakante posisie is.
  5. Geen lid mag namens ’n ander lid stem nie.
  6. Deur te stem, aanvaar die lid wat stem verantwoordelikheid vir die nakoming van die verkiesingsre?ls in hierdie kennisgewing en op die Konvokasie-webblad Prosedure om Konvokasielede te nomineer, te verkies en aan te wys om in die Raad en die Institusionele Forum (die Prosedure).
  7. ?Enige veldtogte moet in ooreenstemming met die Prosedure wees, en nie-nakoming kan tot die diskwalifikasie van die kandidaat lei.
??

?

???






?





Dit was opsioneel vir genomineerdes om ’n CV of kort biografie te verskaf. Die US het nie enige templaat, voorskrifte of riglyne oor die formaat vir hierdie bykomende inligting verskaf nie. Alle kandidate het gekies om meer inligting te deel om Konvokasielede in staat te stel om hulle beter te leer ken. Let asseblief daarop dat geen redigering of vertaling van enige visiestelling, CV of biografie deur die US gedoen is nie. Die bewoording is geplaas net soos ons dit ontvang het. Die US het ook nie die CV's gekontroleer nie; die akkuraatheid van die inligting verskaf in die CV's is die verantwoordelikheid van die kandidate.

Rig asseblief navrae aan verkiesings@sun.ac.za.

Dr Ronel Retief
Registrateur?
Universiteit Stellenbosch ?

13 September 2024 


?

?

?

?