Akademiese vernuwing
???
By US dokumenteer ons ons programme en modules deur gebruik te maak van 'n Programspesifikasie Dokument (Vorm A) en Modulespesifikasie Dokument (Vorm B). 'n Deel van die voltooiing van hierdie dokumente is die formulering van uitkomste, assesseringsplanne en module-inhoud. Hierdie aspekte is deel van konstruktiewe belynings, soos beskryf in die DeLTA-proses, en dit word verder uiteengesit op APG se hulpbronneblad wat spesifiek ondersteuning bied vir die voltooiing van Vorms A en B. Hierdie vorms is nie net vir burokratiese doeleindes nie - die inligting van Vorm A word in die jaarboek ingesluit en die Vorm B-inligting word deel van die module raamwerk.
Indien 'n dosent akademiese hernuwing van 'n aard oorweeg, betrek liefs SOL-adviseur en/of die BLC van die fakulteit so vroeg as moontlik in die proses sodat dit so optimaal as moontlik kan verloop.
Ondersteuning
- Vir hulp met die formulering van 'n onderrig- en leerstrategie, uitkomste en assesseringskriteria vir jou module, kontak asseblief die SOL-adviseur in jou fakulteit.
- Vir die nuutste, korrekte weergawes van die vorms A en B, besoek asseblief die webwerf van Die Sentrum vir Akademiese Beplanning en Gehalteversekering (APG).
- ?Vir meer inligting oor Jaarboekveranderinge, nuwe programme en modules, raadpleeg die APG-webtuiste.
- Vir verdere algemene inligting, lees die antwoorde op veelgestelde vrae oor akademiese hernuwing by US hier.
- ??Lees meer oor akademiese vernuwing as 'n US 'game changer' in die viserektor Leer en Onderrig se dokument want tans onder bespreking is (Februarie 2024).?
?
?