?Au?xin Hulpbronne 2024
?

?
? 01 Oktober 2024????
|
?
|
?
Wanneer maatskaplik regverdige pedagogie? gebruik word om insig in die studenteperspektiewe te bekom, blyk dit dat die studente uitgedruk het dat die kurrikulum geleenthede gebied het om met konsepte verbonde aan maatskaplike geregtigheid en gelykheid om te gaan. Hierdie geleenthede was egter minder frekwent en is van as van minder waarde beskou, vergeleke met biomediese kennis. Daarbenewens skep die kultuur en tradisies van geneeskunde toestande wat studente as verbruikers van die kurrikulum posisioneer. Nietemin het die studente die begeerte uitgedruk om medeskeppers van die proses van transformasie van die kurrikulum te wees.. Soos die gesondheidberoepe-onderwys verskuif na die bevordering van maatskaplike geregtigheid, is dit noodsaaklik dat die kurrikulums aan studente toegang bied tot die soort kennis en vaardighede wat hulle sal bemagtig om onregte aan te pak en responsief teenoor gesondheidsongelykhede te raak. Dit noodsaak die herformulering van wat as magtige kennis in mediese onderwys beskou word om maatskaplike geregtigheid in te sluit. Daarbenewens moet studente as medebouers van hulle eie leer en hoofrolspelers in die transformering van kurrikulums om maatskaplik responsief en kontekstueel tersaaklik te wees, beskou word. |
? 13 Augustus 2024????
Sluit by ons aan vir die volgende Auxin-sessie waar ons generatiewe kunsmatige intelligensie geletterdheid in onderrig-leer-assessering (OLA) aan die Universiteit Stellenbosch (US) verken. Die frase “KI is 'n hulpmiddel, nie 'n bron nie” het 'n bietjie van 'n mantra geword in ons kommunikasie rondom GenKI en OLA. Wat beteken dit presies, en wat is die praktiese implikasies van hierdie stelling?
|
?? | ???
In hierdie sessie sal ons die volgende bespreek:
Deurentyd sal ons aan die hand van praktiese voorbeelde onderskeid tref tussen die gebruik van KI as 'n ondersteunende hulpmiddel en die hantering daarvan as 'n bron van inligting. Aangesien KI al hoe meer ge?ntegreer word in ons OLA-praktyke, is dit noodsaaklik om hierdie onderskeid te verstaan om akademiese integriteit te handhaaf en die doeltreffendheid van ons werk te verseker. Saam kan ons hierdie ontwikkelende landskap navigeer en meer gemaklik raak met KI-tegnologie? in ons midde.
|
? 23 Julie 2024????
|
? |
Net meer as tien jaar gelede het ek die proses van nisspesialisasie in forensiese gesigsafbeelding begin, ná amper twintig jaar as ? praktiserende kunstenaar, kurator en opvoeder in ateljeekuns-praktyk binne die Suid-Afrikaanse ho?ronderwyskonteks. Hierdie drie aspekte van my professionele identiteit het min beteken (of só het ek aanvanklik gedink) toe ek my as ? medestudent (hoewel ‘ouer’) en ervare opvoeder in ? wetenskaplaboratorium saam met meestal (baie) jong voorgraadse studente bevind het. Ná ? MSc en ? PhD, albei van Britse instellings, het ek na ateljeekuns-onderwys aan die US teruggekeer, met die dwingende begeerte om studente by radikale weetgierigheid betrokke te kry; gate te steek in die grens tussen kunsateljee en wetenskaplaboratorium; en ? bre?r begrip van die rol van ateljeekuns-onderwys in die akademiese projek te bevorder. Hierdie aanbieding sal, deur verwysing na spesifieke onderrig- en leerprojekte, my persoonlike reis weerspie?l van wissel tussen leerkrag en student en weer terug en hoe die ervaring van ‘wetenskap doen’ uit die perspektief van ? kunstenaar vars pedagogiese geleentheid in albei wêrelde moontlik gemaak het. My omgang met studente in die visuele kunste en wetenskappe het vir my gewys hoe kennis binne hierdie paradigmas gekonstrueer word, saam met die vooroordele, blinde kolle en mites wat elkeen oor die ander handhaaf. Dit het ? lopende haalbaarheidstudie, genaamd ‘Die Aankweek van die Derde Kultuur’, ge?nspireer, wat die vraag na kuns-wetenskap-interaksies aan die US verken. |
? 21 Mei 2024????
|
? |
Institusionele transformasie en insluiting raak geleidelik al hoe meer prominent in die strategie? van die histories wit instellings in Suid-Afrika. Ten spyte van hierdie pogings is daar slegs beperkte vordering met hierdie doelwitte, ook op die gebied van die transformasie van die kurrikulum. In die artikel waarop hierdie Auxin-sessie berus, besin die outeurs oor hulle gesprekke oor die transformasie van kurrikulums en onderrigpraktyke as ? interdissiplinêre praktykgemeenskap. Die gesprekke worstel met die gebrek aan kurrikulumtransformasie aan die Universiteit Stellenbosch, ten spyte van sy ambisieuse transformasieplan. Die outeurs voer aan dat moeilike interdissiplinêre gesprekke noodsaaklik vir die ontwrigting van onderrigpraktyke en deurslaggewend vir die dekolonisasieproses is. Hierdie gesprekke moet deurlopend en blywend wees, omdat agente van kurrikulumtransformasie in verskillende kontekste deur die deel van verhale ondersteun word. Die outeurs se konseptuele gesprekke verken verskeie teorie? van dekolonialiteit, deur die gebruik van ubuntu-pedagogie, asook die konsepte van herverdeling, erkenning en verteenwoordiging uit die maatskaplike-geregtigheidsteorie. Die medewerkende energie van ? interdissiplinêre praktykgemeenskap word ingespan, met die meegaande vertelkuns, lees- en skryfwerk, en besinning om die diversiteit van persoonlike en dissiplinêre perspektiewe bloot te lê. Enkele nadenkende vinjette is in die referaat ingesluit om hierdie proses te illustreer. Die tersaaklikheid van hierdie studie, verder as slegs binne die kontekste van die outeurs, spruit uit ? gaping tussen die teorie en die praktyk in die dekoloniseringsproses. Die argument is dat selfs ? goeie institusionele transformasieplan nie die dekolonialiteit van kurrikulums sal waarborg nie. Meer is nodig. Sistemiese verandering is nodig en moeilike interdissiplinêre gesprekke is deel van hierdie proses. Gemarginaliseerde stemme moet erkenning en verteenwoordiging geniet en die spesifieke konteksverwante herverdeling van kurrikulums moet plaasvind, sodat transformasieplanne en -teorie? in werking kan tree. |
? 21 April 2024????
|
|
Studenteterugvoer aan die US is ? proses waardeur beduidende hoeveelhede inligting oor verskillende sake wat met studente se leerervarings verband hou, ingesamel word. Vir hierdie inligting om verandering aan te dryf en te onderlê, moet dit ontleed word. Wat is die ontledingsmoontlikhede vir hierdie data? Hierdie sessie fokus op die navorsingsgeleenthede vir studenteterugvoer. Daar word in die besonder onderskei tussen studenteterugvoer as die voorwerp van navorsing en studenteterugvoer as ? datainstrument vir navorsing. Die doel van die sessie is om akademici aan te moedig om studenteterugvoernavorsing te onderneem.
isiXhosa: Ingxelo yomfundi: Uphando olunokwenziwa |
? 26 Maart 2024????
|
|
US studente verskaf gereeld terugvoer oor hulle ondervinding van dosente en/of modules. Die meeste van hierdie terugvoer kom egter aan die einde van ? module, wat beteken dat dosente min geleentheid het om die ‘lus toe te maak’ deur met studente oor hulle terugvoer te gesels. En selfs al het dosente die geleentheid gehad om met studente om te gaan, is daar dalk onsekerheid oor hoe om op die terugvoer te reageer. Hierdie vraag – wat doen ek met die terugvoer nadat dit deur studente verskaf is – word deur drs Marais (Departement Voedselwetenskap) en Pearce (Departement Genetika) verken. Dit vorm deel van ? reeks oor studenteterugvoer, waarvan die eerste (28 Februarie 2024) alternatiewe maniere vir die insamel van studenteterugvoer verken het.
isiXhosa: |
? 28 Februarie 2024????
|
|
Die doeleindes waarvoor studenteterugvoer ingesamel word en die instrumente wat ons gebruik om hierdie terugvoer in te samel, is belangrike aspekte om in ag te neem met die hernuwing van studenteterugvoer aan die US. Tradisioneel benader die US se onderriggemeenskap studenteterugvoer as ? evaluasie van dosente en hulle onderrig en maak staat op die formele terugvoeropnames wat aan die einde van modules uitgedeel word, om studente se stemme oor hulle ervarings te hoor. In hierdie sessie sal die twee aanbieders ? alternatiewe manier van terugvoer insamel – die betrokkenheid van klasverteenwoordigers – demonstreer. Hulle aanbieding sal ook aanvoer dat die insamel van terugvoer op hierdie wyse ? ander doel dien – die verryking van studenteleer. Prof Arnott sal sy gebruik van klasverteenwoordigers op die vlak van ? individuele module beskryf en prof Blaine sal aantoon hoe dit na verhouding tot op die vlak van die program vergroot kan word. Die doel van hierdie sessie is om die US se onderriggemeenskap aan te moedig om verskillende maniere van terugvoer invorder, wat uiteindelik studenteleer kan verryk, te verken.
isiXhosa: Ukuhlaziya iNgxelo yoMfundi eSU: Ukusebenzisa abameli beklasi njengenye indlela yokuqokelela ingxelo? |
????????