Navorsing
Oor ons navorsing
Navorsing is een van die drie pilare van die akademie. Sonder navorsing is onderrig en sosiale impak onmoontlik. Derhalwe is die akademiese personeel by die Departement Afrikaans en Nederlands betrokke by allerlei navorsingsprojekte.
Kyk gerus na individuele navorsingsprofiele deur na die
blad oor ons akademiese personeel te gaan. En elke twee jaar stel ons nagraadse studente hulle navorsing by
USAN ten toon.
Besoek SUNScholar om tesisse, proefskrifte, artikels en intreeredes deur ons personeel en studente te sien.
Oproep om referate
Die Departement Afrikaans en Nederlands aan die Universiteit Stellenbosch bied van 21 tot 23 Januarie 2026 weer ons tweejaarlikse kongres vir jong navorsers en nagraadse studenteaan!
USAN is ’n geleentheid vir jong navorsers om hulle navorsing, gebaseer op hulle nagraadse studie, met akademiese eweknie? te deel. Daar sal ook ’n publikasiegeleentheid wees naafloop van die kongres.
Ons nooi graag alle jong navorsers wat die afgelope vyf jaar gegradueer het sowel as alle PhD-, M- en afgestudeerde Honneurs-studente om voorstelle vir een van die volgende voor te lê:
- Referaat (20 minute aanbiedingstyd)
- Plakkaataanbieding
Daar is geen beperking op temas nie. Die enigste vereiste is dat die referaat of plakkaat by een of meer van die volgende studierigtings aansluit:
- Formele taalkunde
- Letterkunde
- Toegepaste taalkunde en taalpraktyk (leksikografie, redigering, taalaanleer, taalverwerwing, tolking en vertaling)
Aanbiedingstale: Afrikaans, Engels, Nederlands en Xhosa. Tolkdienste sal beskikbaar wees.
Formaat: In persoon en aanlyn. Beperkte reisbeurse is beskikbaar. Inligting volg later.