Voorgraadse programme
???????????????
Voorgraadse programinligting ??
Toelatingsvereistes
?
Die skryf van NBT eksamens word vereis nie.
- Fakulteitsvereistes vir BSc Voedselwetenskap:
- 'n Gemiddelde van minstens 60% in die NSS, IEB of relevante finale skooleksamen.
- Afrikaans of Engels (Huistaal of Eerste Addisionele Taal) 4 (50%)
- Wiskunde 5 (60%)
- Fisiese Wetenskappe (Fisika en Chemie) 4 (50%)
- Let wel: alle programme is keuringsprogramme en aansoeke sal oorweeg word volgens die re?ls en prosedures soos uiteengesit in die keuringsriglyne en toelatingsbeleid vir voorgraadse programme vir die Fakulteit AgriWetenskappe.
Lees meer op: http://www.sun.ac.za/english/maties/Documents/AgriSciences.pdf
??Raamwerk van die graadstruktuur, modules en keuses vir BSc Voedselwetenskap
Eerste Jaar
Biologie
Chemie
Fisika
Rekenaarvaardigheid
Wiskunde
Inleiding tot Voedselwetenskap
Tweede Jaar
Biochemie
Biometrie
Chemie
Mikrobiologie
Voedselprosessering en Preservering
Derde Jaar
Voedselbiochemie
Voedselchemie
Mikrobiologie
Vleiskunde, Voedingkunde, Voedselveiligheid, Graanwetenskap & Sensoriese Analise
Vierde Jaar
Produkontwikkeling
Voedselchemie en Analise
Voedselverpakking
Voedselproses Ingenieurswese
Vir 'n volledige uitleg van die struktuur van die graadprogram, vakkeuses en aansoekprosedures verwys ons u graag na Universiteit Stellenbosch se AgriWetenskappe Jaarboek 2025.
Aansoeke:
? Open jaarliks rond-om 1 April en sluit 31 Julie
? Doen aansoek met jou graad 11 einde van die jaar uitslae (indien in graad 12)
? Doen aansoek met jou graad 12 einde van die jaar uitslae (indien reeds gematrikuleer)
? Doen aansoek by www.maties.com
? Kan aansoek doen vir 3 programme (óf in 3 verskillende fakulteite óf 3 programme in dieselfde fakulteit)
? Aansoekers sal vir al 3 programme oorweeg word en kan voorwaardelike aanbiedinge vir al 3 programme kry
? Aansoekers moet een program kies wat hulle wil studeer en die voorwaardelike aanbod aanvaar
? Hulle hoef nie te wag om al 3 aanbiedinge te kry om een te aanvaar nie, hulle kan een aanvaar en as hulle op 'n later stadium nog een kry, kan hulle die eerste een wat hulle gekry het van die hand wys en die 2de aanbod aanvaar
? Studente moet weer aan die vereistes voldoen op grond van hul finale graad 12-uitslae en sal dan 'n finale aanbod kry wat hulle moet aanvaar.
?? Studente ontvang 'n Aansoek-ID (Toepassing-ID) en eers later 'n studentenommer.
? ?
Tel: +27 (0)21 808 3578 Fax: +27 (0)21 808 3510 corner of Hammandshand and Helshoogte Roads, Stellenbosch voedselw@sun.ac.za???