Students: Pages_中国体育彩票 /afrikaans/students/Pages/Forms/AllItems.aspx RSS feed for the Pages list. Thu, 04 Sep 2025 10:17:33 GMT Microsoft SharePoint Foundation RSS Generator 60 en-US Students: Pages_中国体育彩票 /afrikaans/students/_layouts/15/images/siteIcon.png /afrikaans/students/Pages/Forms/AllItems.aspx A3-module-and-venue-information_中国体育彩票 /afrikaans/students/Pages/Forms/DispForm.aspx?ID=80 Hide physical URLs from search: No
Hide from Internet Search Engines: No
Page Content: ??????

 A3-modules en lokaalinligting?: November 2025

?Verwys asseblief na die SUNStudent-portaal vir jou A3-assesseringsdatums en lokaalinligting vir die A3-assesseringstydperk wat op 20 November 2025 begin. Hierdie webblad is 'n addisionele hub waar jy nader aan die tyd inligting oor A3-assesserings sal kry, as jy nie die inligting op die portaal kan vind nie. Blaai af tot by die tabel met die module- en lokaalinligting vir die A3 assesserings in November/Desember 2025.

  • Let asseblief daarop dat die Excel-sigblad net nie-konsessie-lokale vertoon vir modules wat sentraal deur die Assesseringskantoor op die Stellenbosch-kampus geadministreer word. Die leêr is gemerk met die datum van die A3-assessering.   
  • Jy sal die lokaal vir jou spesifieke module in die sigblad vind by die geskeduleerde assesseringsdatum en -sessie. Studente-groepe word volgens hul vanne per lokaal ingedeel.
  • Die besonderhede van die assesseringslokale sal op die laatste een dag voor die spesifieke assesseringsdatum beskikbaar gestel word wanneer fakulteite die name van studente bekend maak wat vir die A3-geleentheid kwalifiseer.

Module- en lokaalinligting vir A3-assesserings in November/Desember 2025 

  • Aangesien sommige modules intern deur akademiese departemente geadministreer word, moet jy by jou department navraag doen as jou modules nie op die sigblad hieronder (sodra beskikbaar) verskyn nie. 
  • Studente met konsessies moet asseblief met die Kli?ntedienssentrum in verbinding tree vir inligting oor A3-konsessielokale: info@sun.ac.za of 021 808-9111. Verskaf asseblief jou studentenommer wanneer jy navraag doen. Vanwe? die konstruksie in Admin A, het die Kli?ntedienssentrum tydelik na die Anorganiese Chemie-gebou in Bosmanstraat verskuif.

Donderdag, 20 November 2025Saterdag, 29 November 2025
Vrydag, 21 November 2025Maandag, 1 Desember 2025
Saterdag, 22 November 2025 Dinsdag, 2 Desember 2025
Maandag, 24 November 2025Woensdag, 3 Desember 2025
Dinsdag, 25 November 2025Donderdag, 4 Desember 2025
Woensdag, 26 November 2025 Vrydag, 5 Desember 2025
Donderdag, 27 November 2025Saterdag, 6 Desember 2025
Vrydag, 28 November 2025Einde van A3-assesserings

A3-assesserings vir finalejaar-studente (2025)

Finalejaar-studente wat in November/Desember 2025 gebruik maak van 'n A3-assesseringsgeleentheid (ongeag die rede) in 'n voorvereisde module vir hul kwalifikasie, sal nie in Desember 2025 kan gradueer nie. Hierdie studente se kwalifikasies sal by een van die plegtighede in die gradeweek van 23 tot 27 Maart 2026 toegeken word. ?





]]>
System Account Mon, 19 May 2025 08:00:50 GMT /afrikaans/students/Pages/Forms/DispForm.aspx?ID=80
Arrangements-for-assessments_中国体育彩票 /afrikaans/students/Pages/Forms/DispForm.aspx?ID=76 Hide physical URLs from search: No
Hide from Internet Search Engines: No
Page Content: ??

Re?lings vir die finale assesserings? van 2025

Die finale A2- en A3-assesserings is geskeduleer vanaf Maandag, 27 Oktober tot Saterdag, 6 Desember 2025. Studente sal assesserings onder toesig in assesseringslokale op die Stellenbosch-kampus aflê..

SUNStudent het nog nie 'n selfoon-vriendelike koppelvlak nie. As jy dus jou selfoon gebruik om inligting op SUNStudent te probeer nagaan, sal die inligting moontlik nie op 'n gebruikersvriendelike manier vertoon word nie. Julle word daarom aangeraai om 'n rekenaar/skootrekenaar (en nie 'n selfoon nie) te gebruik om julle assesseringsroosters en lokaalinligting op SUNStudent na te gaan.

Hoe/waar vind ek my assesseringsrooster?  

Lees die studentehandleiding en volg die stappe vir toegang tot jou assesseringsrooster (eksamenrooster) noukeurig. Die handleiding bevat ook skermgrepe wat jou deur die proses sal lei. Jy het hou USnommer@sun.ac.za (gebruikersnaam) en wagwoord nodig om toegang tot jou SUNStudent-profiel te kry.

Let asseblief daarop dat die SUNStudent-portaal slegs inligting oor die assesserings wat sentraal deur die Assesseringskantoor geadministreer word, vertoon. Dit sluit nie assesserings in wat deur die onderskeie akademiese departemente geadministreer word nie. Kontak julle dosente vir die rooster en lokaalinligting vir dié modules wat deur hulle bestuur word.

Hoe/waar vind ek my A2|A3-assesseringslokale?

Daar word van alle studente verwag om deeglik kennis te neem van die instruksies om hul assesseringslokale op SUNStudent te vind vir die modules wat deur die Assesseringskantoor geadministreer word. Daar is 'n handleiding ontwikkel (Access Assessment Timetable and Concession Letter on Student Portal) om julle daarmee te help.

Die A3-rooster en -lokaalinligting (per module/per datum/per sessie) vir studente sonder assesseringstoegewings  sal EEN dag voor die geskeduleerde A3-assessering op hierdie webblad gelaai word ingeval studente teenstrydighede vind of nie hul roosters op SUNStudent kan sien nie.

Vanwe? die Wet op die Beskerming van Persoonlike Inligting (POPI-wet) mag inligting oor lokale vir assesseringstoegewings nie op hierdie assesseringswebblad gepubliseer word nie. Die US se Klientedienssentrum kan help met navrae oor A3-assesseringslokale vir studente met assesseringstoegewings: info@sun.ac.za of 021 808-9111. Let asseblief daarop dat die Kli?ntedienssentrum vanwe? die opknapping van Admin A, tydelik in die Anorganiese Chemie-gebou in Bosmanstraat (direk oorkant Huis Marais) gehuisves word.

Assesseringsre?ls

Studente word daaraan herinner dat alle assesseringre?ls streng nagekom moet word. Neem asseblief kennis van die omvattende Re?ls vir studente by assesseringslokale op die Stellenbosch-kampus. Hierdie re?ls is van toepassing op alle studente op die Stellenbosch-kampus, en sommige studente van die Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe wat hul assesserings op die Stellenbosch-kampus aflê.

Let spesifiek op die volgende re?ls wat betrekking het op selfone en ander elektroniese toerusting in alle assesseringslokale.

  • Selfone moet te alle tye in assesseringslokale afgeskakel wees. Sodra studente by 'n lessenaar sit, moet hulle selfone in 'n ondeurskynende sak op die lessenaar voor hulle plaas vir die volle duur van die assessering. Eers nadat studente die assesseringslokaal verlaat het, mag selfone uit die sak gehaal en aangeskakel word.
  • Studente word nie toegelaat om persoonlike skootrekenaars of ander elektroniese toerusting  saam te neem na lokale waar geskrewe assesserings afgelê word nie.  
  • Indien 'n assessering 'n spesifieke aanmeld-prosedure vereis (byvoorbeeld wanneer aangemeld word in 'n elektroniese klaskamer), moet studente daardie presiese aanmeld-prosedure gebruik, en nie enige ander prosedure nie. Let asseblief daarop 'n selfoon vereis sal word wat veelfaktorbekragtiging (multi-factor authentication – MFA) moontlik maak met die aantekening op rekenaars in alle rekenaargebruikersareas slegs tydens aanlyn assesserings.

Verlof-tot-afwesigheid gedurende assesserings

Alle studente moet voldoen aan die relevante bywoningsvereistes van akademiese aktiwiteite (bv. klas, praktiese-, kliniese-, navorsings- of assesseringsaktiwiteite) wat deel vorm van die kurrikulum van die betrokke graad-, sertifikaat- of diplomaprogram waarvoor hulle geregistreer is. In die geval van afwesigheid van enige akademiese aktiwiteit, ook A2- en A3-assesserings, moet studente kennis neem van die re?ls in afdeling 12 van die  Jaarboek 2025, Deel 1 (Algemene Re?ls).

Indien 'n student weens siekte of ander oorsake afwesig is tydens 'n A2- of A3-assesseringsgeleentheid, moet die dosent(e) wat vir die betrokke module verantwoordelik is, onverwyld in kennis gestel word.

  • As 'n student wees siekte afwesig is, moet die aansoekvorm vir verlof-tot-afwesigheid so gou moontlik by die Sentrum vir Akademiese Administrasie (stbloa@sun.ac.za) ingedien word, tensy die afwesigheid slegs vir een eksamen was — dan sal die betrokke dosent die verlof-tot-afwesigheid administreer.? 'n Mediese sertifikaat wat aan spesifieke vereistes voldoen moet saam met die aansoekvorm ingedien word.
  • Die aansoekvorm vir verlof-tot-afwesigheid moet vir ko-kurrikulêre aktiwiteite by die Afdeling Studentesake ingedien word, en vir sportaktiwiteite by Maties Sport.

?Akkommodering van godsdienstige oorwegings

Die Universiteit Stellenbosch respekteer die godsdienstige oortuigings en kulture van alle personeel en studente. Gevolglik sal, benewens nasionale openbare vakansiedae waartydens die Universiteit vir besigheid gesluit sal wees, geen assesserings geskeduleer word op sekere godsdienstige dae wat in die US-almanak gepubliseer word nie; behalwe vir Saterdae en Sondae, sal die Universiteit egter op hierdie dae oop en in werking bly.

Woensdag 29 Januarie 2025 - Chinese Nuwejaar
Maandag 31 Maart 2025 - Eid-ul-Fitr (tentatief)
Sondag 13 April 2025 – Joodse Paasfees (Pesach) Dag 1
Sondag 20 April 2025 – Joodse Paasfees (Pesach) Dag 8
Saterdag 7 Junie 2025 - Eid-ul-Adha (tentatief)
Dinsdag 23 September 2025 - Rosh Hashanah Dag 1**
Woensdag 24 September 2025 - Rosh Hashanah Dag 2
Donderdag 2 Oktober 2025 - Yom Kippur**
Maandag 20 Oktober 2025 - Diwali
** Hierdie godsdienstige dae begin die vorige aand. Dus sal geen assesserings na 17:30 die vorige aand geskeduleer word nie.

Studente wat vanwe? godsdiensige beperkings nie van 'n assesseringsgeleentheid gebruik kan maak nie, word op soortgelyke wyse geakkommodeer as studente wat tydens daardie assesseringsgeleentheid siek was, aan sportgeleenthede deelgeneem het of trauma van enige aard beleef het.

Let asseblief daarop dat geen assesseringsgeleenthede buiten dié wat normaalweg geskeduleer is, aan jou verskaf sal word as jy vanwe? godsdienstige beperkings 'n assesseringsgeleentheid nie benut nie.

Wanneer assesseringsroosters opgestel word, probeer die Roosterkantoor dit vermy om meer as een van die A1-, A2- of A3-assesserings (of ooreenstemmende assesserings vir jaarmodules) te skeduleer op dae wat in die algemeen aan godsdienstige beperkings onderhewig is.

Roosterbotsings tydens A2- en A3-assesserings

Die feit dat jy toegelaat word om te registreer vir modules wat op die assesseringsroosters bots, verleen aan jou geen reg om tegemoetgekom te word rakende assesseringsroosterbotsings buiten soos hieronder uiteengesit:

  • Die Assesseringskantoor, en gewoonlik ook die tuisfakulteit, kom jou nie tegemoet as jy tydens die A2-tydperk roosterbotsings ervaar nie. In so 'n geval moet jy kies watter A2 jy wil benut, en dan A3 vir die botsende module gebruik.
  • Die Assesseringskantoor kom jou wel tegemoet as jy tydens die A3-tydperk roosterbotsings ervaar met assesserings wat deur die Assesseringskantoor afgeneem word. Tegemoet-koming behels dat re?lings getref word dat jy die botsende assesserings onmiddellik opeenvolgend tydens die A3-tydperk skryf, onder toesig wat deur die Assesseringskantoor gere?l word.

Verwys na afdeling 6.1 van Jaarboek 2025, Deel 1 (Algemene Re?ls) vir omvattende roostervewante assesseringsvoorskrifte. 

A3-assesserings vir finalejaar-studente (2025)

Finalejaar-studente wat in November/Desember 2025 gebruik maak van 'n A3-assesseringsgeleentheid (ongeag die rede) in 'n voorvereisde module vir hul kwalifikasie, sal nie in Desember 2025 kan gradueer nie. Hierdie studente se kwalifikasies sal by een van die plegtighede in die gradeweek van 23 tot 27 Maart 2026 toegeken word. 

Nuwe antwoordboeke vir assesserings

Die Universiteit Stellenbosh het in 2024 'n nuwe antwoordboek vir assesserings bekendgestel. Alle studente moet hulself vergewis van die instruksies, asook die teken van die verklaring op die voorblad. Studente moet ook kennis neem van die assesseringsre?ls op die agterblad van die nuwe antwoordboek. Let asseblief op die inligting op die voor- en agterblad van die antwoordboek voordat jy na die assesseringslokaal vertrek. Voorbeelde van die voor- en agterblad is te sien op bladsy 9 en 10 in die Re?ls vir studente by Assesseringslokale op die Stellenbosch-kampus.


]]>
System Account Fri, 09 May 2025 13:30:09 GMT /afrikaans/students/Pages/Forms/DispForm.aspx?ID=76
Contact-details-for-enquiries_中国体育彩票 /afrikaans/students/Pages/Forms/DispForm.aspx?ID=73 Hide physical URLs from search: No
Hide from Internet Search Engines: No
Page Content: ??

Navrae

Toegang tot die Assesseringskantoor (AARGO)

Die hoofingang na Admin A is steeds gesluit vanwe? die opknapping van die hoofgebou. Gebruik asseblief die NARGA-ingang na Admin A (aan Merrimanlaan se kant) oorkant die Natuurwetenskappe-gebou (no 100 op die kampuskaart). As jy nie toegang het via die NARGA-ingang nie, druk asseblief op AARGO (vir toegang tot Assesseringsadministrasie, Akademiese rekords en Gradekantoor) op die sleutelbordjie teen die muur sodat die deur vir jou oopgemaak kan word. Volg die aanwysings na die AARGO-kantoor op die eerste vloer, en lui die klokkie by die ingang. E-posnavrae oor A2- en A3-assesserings kan na stbexams@sun.ac.za gestuur word. Sluit altyd jou US-studentenommer in die onderwerpre?l (subject line) in wanneer jy navrae per epos stuur.?

 

  •  Die gebruikershandleiding vir studente (Access Exam Table and Concession Letter on Student Portal) kan moontlik help om assesseringsverwante vrae te beantwoord. SUNStudent het nog nie 'n gebruikersvriendelike koppelvlak vir selfone nie. Gebruik dus liewer you rekenaar (en nie jou selfoon nie) om lokaalinligting op jou assesseringsrooster te vind.?
  • Die US se Klientedienssentrum is die primêre aankloppunt vir navrae en hulp, telefonies (021 808-9111) of per epos: info@sun.ac.za. Let asseblief daarop dat die Kli?ntedienssentrum vanwe? die opknapping van Admin A, tydelik in die Anorganiese Chemie-gebou in Bosmanstraat (direk oorkant Huis Marais)
  • ?
  • Vir bykomende inligting oor assesseringslokale, kan studente die Assesseringskantoor in Admin A (via die NARGA-ingang) besoek of per epos navraag doen: stbexam@sun.ac.za
  • Navrae oor assesseringstoegewings — ook nuwe noodtoegewingsversoeke — kan per epos gestuur word na die Eenheid vir Gestremdhede: concessions@sun.ac.za. Studente kan hul briewe vir assesseringstoegewings via die SUNStudent-portaal aflaai. Raadpleeg bladsy 7 van die gebruikershandleiding vir aanwysings.? 
  • Meld asseblief assesseringsverwante sake tydens enige A2- en A3-assesseringstydperke per epos aan by mev Ruby Frans: ruby@sun.ac.za??

]]>
System Account Fri, 09 May 2025 12:30:26 GMT /afrikaans/students/Pages/Forms/DispForm.aspx?ID=73
Assessment-concessions_中国体育彩票 /afrikaans/students/Pages/Forms/DispForm.aspx?ID=75 Hide physical URLs from search: No
Hide from Internet Search Engines: No
Page Content: ??????

Assesseringstoegewings

Assesseringstoegewings kan ekstra skryftyd, speltoegewings, afneming in 'n afsonderlike lokaal, handskriftoegewings, mondelinge assesserings, 'n rekenaarlokaal of ondersteunende tegnologie, 'n skribent, leesbystand of 'n amanuensis (lees vraag en skryf antwoord neer), 'n goed beligte lokaal, 'n braille-vertrek, gebruik van 'n rolstoel, vergrote teks, 'n voorleser of SA Gebaretaal-tolke insluit. Verwys na afdeling 6.8 vir die Akkommodering van spesiale behoeftes gedurende hoofassesserings op bladsy 48 in die Jaarboek 2025, Deel 1 (Algemene Re?ls).

  • ?'n Student kan met 'n geldige bewys van 'n mediese toestand aansoek doen vir Assesseringstoegewings. 
  • Toegewingsverwante navrae  — ook nuwe versoeke vir noodtoegewings — kan per epos na die Eenheid vir Gestremdhede gestuur word: concessions@sun.ac.za.?
  • Studente kan hul briewe vir assesseringstoegewings via die SUNStudent-portaal aflaai. Die proses word in die studentehandleiding (Access Exam Timetable and Concession Letter on Student Portal) verduidelik. ?
  • Die US se Klientedienssentrum kan help met navrae oor A3-assesseringslokale vir studente met assesseringstoegewings: info@sun.ac.za of 021 808-9111. Let asseblief daarop dat die Kli?ntedienssentrum vanwe? die opknapping van Admin A, tydelik in die Anorganiese Chemie-gebou in Bosmanstraat (direk oorkant Huis Marais) gehuisves word. Vanwe? die Wet op die Beskerming van Persoonlike Inligting (POPI-wet) mag inligting oor lokale vir assesseringstoegewings nie op hierdie assesseringswebblad gepubliseer word nie.
  • Aansoektydperk vir assesseringstoegewings vir die tweede semester: Maandag, 21 Julie tot Vrydag, 1 Augustus 2025. Klik HIER vir meer inligting. ?
]]>
System Account Fri, 09 May 2025 12:31:11 GMT /afrikaans/students/Pages/Forms/DispForm.aspx?ID=75
A2-and-A3-assessment-periods_中国体育彩票 /afrikaans/students/Pages/Forms/DispForm.aspx?ID=72 Hide physical URLs from search: No
Hide from Internet Search Engines: No
Page Content: ?

Finale A2- en A3-assesseringstydperke vir 2025

Studente moet kennis neem van die verskillende soorte assesserings en -tydperke wat op hul onderskeie akademiese programme van toepassing is. Verwys na die onderafdeling vir Assesserings en promoverings op bladsy 34 van die Jaarboek 2025, Deel 1 (Algemene Re?ls).


Finale assesseringstydperke (Oktober – Desember)?

A2-assesserings: 27 Oktober — 19 November 2025

A3 assessesrings: 20 November — 6 Desember 2025


Reisre?lings

Studente word daaraan herinner om vir die volle duur van die A2- en A3-assesserings nie enige reisre?lings te tref nie, ingeval hulle kwalifiseer vir 'n tweede geleentheid of 'n A3-assessering. Hierdie assesserings vind op kampus plaas en geen spesiale re?lings sal getref word nie. 

?

]]>
System Account Fri, 09 May 2025 08:30:25 GMT /afrikaans/students/Pages/Forms/DispForm.aspx?ID=72
Access-A2-A3-and-final-marks_中国体育彩票 /afrikaans/students/Pages/Forms/DispForm.aspx?ID=77 Hide physical URLs from search: No
Hide from Internet Search Engines: No
Page Content: ??

Waar/hoe kry ek A2- en A3-punte en finale uitslae??

Punte vir die A2- en A3-assesserings, asook die finale jaareind-uitslae sal via die SUNStudent-portaal met studente gekommunikeer word. Verwys na die studente-handleiding: How to access your Examination Results en volg die instruksies stap vir stap.

Studente kan egter nog nie op die SUNStudent-portaal sien of hulle vir 'n A3-assessering kwalifiseer nie. Die dosent of akademiese departement sal studente wat kwalifiseer via SUNLearn of 'n ander kanaal soos deur die departement bepaal, in kennis stel. 

Die besluit oor 'n A3-assessering moet verkieslik minstens vyf assesseringsdae voor 'n spesifieke module se A3-assesseringdatum gekommunikeer word, maar niks minder as drie assesseringsdae nie. Tensy openbare vakansiedae, word Maandag tot Saterdag as assesseringsdae getel. Vir korter kennisgewings moet die dekaan van 'n fakulteit of afdelingshoof van 'n sentrum gemotiveerde toestemming verleen. Studente moet binne twee weke na die begin van 'n module van so 'n afwyking in kennis gestel word. Let asseblief daarop dat sperdatums vir die finalisering van punte, soos in die almanak gepubliseer, voorkeur kry bo die bogenoemde bepaling van drie of vyf dae.

Die lokaaltoekenning vir 'n A3-assessering sal minstens een of twee dae voor die assessering op die SUNStudent-portaal aangedui word. Vir studente sonder assesseringstoegewings wat moontlik teenstrydighede raaksien, of nie hul roosters op SUNStudent kan vind nie, sal die A3-lokaalrooster (per module/per datum/per sessie) minstens een dag voor die geskeduleerde A3-assessering op hierdie webblad gepubliseer word. 

  • Dinsdag, 25 November 2025: Laaste dag waarop akademiese departemente die finale A2-assesseringspunte kan laai wat studente in Oktober/November verwerf het. 

Amptelike middeljaaruitslae en akademiese transkripte

Die amptelike middeljaaruitslae en akademiese rekords/transkripte met 'slaag graad' daarop vir studente wat in die middel van 'n akademiese jaar aan hul graadvereistes voldoen, sal vroeg in Augustus van daardie jaar beskikbaar wees, sodra die punte bekragtig en administratiewe prosesse afgehandel is. Die jongste inligting sal op die A2- en A3-assesserings (tuisblad) gepubliseer word. 


]]>
System Account Fri, 09 May 2025 13:30:40 GMT /afrikaans/students/Pages/Forms/DispForm.aspx?ID=77
A2-and-A3-assessments_中国体育彩票 /afrikaans/students/Pages/Forms/DispForm.aspx?ID=71 Hide physical URLs from search: No
Hide from Internet Search Engines: No
Page Content: ???

A2- en A3-assesserings: jaareinde 2025 

Belangrike assesseringstydperke 

  • A2-assesserings: Maandag, 27 Oktober tot Woensdag, 19 November 2025.
  • A3-assesserings: Donderdag, 20 November tot Saterdag, 6 Desember 2025.

Assesseringsbeleid  

Die Universiteit Stellenbosch (US) erken dat assessering ’n integrale deel van leer en onderrig uitmaak. Die US se Assesseringsbeleid ?omskryf assessering as “’n integrale deel van die onderrig-en-leerproses” wat “sistematies en doelgerig gebruik word om inligting aan die hand van die vereiste vaardighede uit te wys, in te samel en te vertolk ten einde ’n student se prestasie te beoordeel (RHO, 2016:12; eie vertaling)”. Dit kan ’n verskeidenheid take, produkte, uitsette of bekwaamhede insluit wat gebruik word om getuienis in te samel en die studente se prestasie volgens die gestelde assesseringsmaatstawwe en -uitkomste te beoordeel.

Verskillende assesserings en assesseringstydperke

Dit is elke student se eie verantwoordelikheid om te verseker dat hulle elke aspek van die Universiteit Stellenbosch se assesserings verstaan, en betyds kennis te neem van die beskikbare inligting.

  • ?Hierdie assesseringswebblad verskaf inligting oor spesifiek voorgraadse A2- en A3-assesserings op die Stellenbosch-kampus wat sentraal deur die Assesserings-administrasie, Akademiese rekords en Gradekantoor (Assesseringskantoor) geadministreer word. Hierdie groep sluit studente van die Fakulteit Geneeskunde en  Gesondheidswetenskappe in wat ook hul assesserings op die Stellenbosch-kampus aflê.
  • Die Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe, die Fakulteit Krygkskunde en die Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe op die Bellvillepark-kampus kommunikeer self oor kampus-spesifieke assesserings.
  • Ander assesserings – byvoorbeeld A1, AF en A4 – word deur 'n module se tuisdepartement of sentrum geskeduleer en geadministreer. Studente moet hieroor met hulle dosente in verbinding tree.
  • Raadpleeg afdeling 4 op bladsy 38 van die Jaarboek 2025, Deel 1 (Algemene Re?ls) vir meer besonderhede oor die onderskeie assesseringstydperke. ?
]]>
System Account Thu, 08 May 2025 14:00:13 GMT /afrikaans/students/Pages/Forms/DispForm.aspx?ID=71