中国体育彩票

图片

???Basiese waardes in aksie-werkswinkel


Fokus

Die waardes van die Universiteit Stellenbosch (US) hou verband met die oortuigings en houdings wat ons gedrag rig. Dit verskaf die goue standaard vir die soort universiteitsgemeenskap wat ons graag wil wees. 

Om te sê wat ons waardes is, is eenvoudig, maar om dit in ons daaglikse aktiwiteite in aksies te omskep, kan soms meer ingewikkeld wees. Daarom moet die US se waardes – uitnemendheid, deernis, billikheid, respek en verantwoordbaarheid – deel uitmaak van hoe ons optree, by mekaar aansluiting vind, besluite neem en etiese uitdagings hanteer. 

Die Universiteit se Waardes in Aksie-werkswinkels is daarop gemik om personeel en studente toe te rus om waardegedrewe gedrag en leierskap te verpersoonlik. Hierdie werkswinkels is insiggewend, ervaringsgerig en prakties.  ?

Temas

’n WiA-werkswinkel dek die volgende vier temas:

  • Waardes: Wat beteken dit en waarom maak dit saak?
  • Waardebotsings: Wat weerhou ons daarvan om dit te hanteer?
  • Waardebotsings: Wat kan ons doen om dit op te los?
  • Waardesintegrasie: Hoe maak ons dit deel van hoe ons optree en aansluiting vind?


Wie mag die werkswinkels bywoon?

  • Pasgemaakte werkswinkels: Spesifieke eenhede en/of spanne kan ’n toegewyde WiA-werkswinkel vir hulle eenheid/span aanvra, bv. dekane en hul akademiese en operasionele leierskapsgroep, PASD-leiers en hul bestuurspanne.
  • Oop werkswinkels: Individue en ad hoc-groepe regoor die Universiteit sal dit moontlik ideaal vind om die oop werkswinkels by te woon.


Voordele

  • Deelnemers sal vaardighede aanleer in hoe om uiting aan hul waardes te gee en hoe om waardebotsings te hanteer.
  • Ander vaardighede behels die ontwikkeling van proaktiewe waardegedrewe prosesse vir belangrike take en die integrasie van waardes in allerhande interpersoonlike interaksies soos gesprekvoering, vergaderings en transaksies.


Formaat

  • Oop werkswinkels
    • ?Die program word op of naby die Stellenbosch- en Tygerberg-kampusse aangebied. 
    • Dit is 'n voldag-werkswinkel bestaande uit vier werksessies. 
    • Hou asseblief die kennisgewings op die US se webblad en personeelnuusbriewe dop om te sien watter werkswinkel waar aangebied word.
    • Gegewe die persoonlike en interpersoonlike aard van die leerervaring, word die werkswinkel vir groepe van 10-20 deelnemers aangebied. 
    • Met die inagneming van kostedoeltreffendheid, kan werkswinkels ongelukkig nie vir groepe minder as 10 aangebied word nie. Indien minder as 10 mense vir 'n spesifieke datum registreer, sal hulle die keuse kry om 'n ander datum te kies.
  • Pasgemaakte werkswinkels
    • ?Spesiale behoeftes sal in ag geneem word vir groepe wat graag verskillende weergawes van die program wil hê.


Koste

  • ?Pasgemaakte werkswinkels: Kontak ons asseblief om die opsies te bespreek.
  • Oop werkswinkels: Die werkswinkels se koste word deur die Afdeling Institusionele Strategie, Navorsing en Analitika gedra. Indien deelnemers ná die bevestigingsdatum kanselleer, sal die koste vir hulle rekening wees.?


Kontak