?Symplectic Elements/Annual Collection
Module (ACM)
?????????????Symplectic Elements is die stelsel wat gebruik word om die navorsingspublikasies van die Universiteit Stellenbosch (US) se navorsers te versamel. Die Annual Collection module (ACM) van Symplectic Elements sal die indiening van 'n subgroep van hierdie publikasies aan die DHOO vir subsidies doeleindes hanteer.
n Ko?rdineerder vir elke departement/afdeling/sentrum/buro/skool, soos aangewys deur die departementele voorsitter/hoof/direkteur, sal verantwoordelik wees vir die ko?rdinering van hierdie proses en verseker dat die relevante dokumentasie ingedien word vir daardie publikasies wat vir subsidie aan die DHOO voorgelê word.
Symplectic Elements is ontwerp rondom en gefokus op die individuele navorser. Die stelsel bestaan uit 'n sentrale hub met verskeie modules. Publikasie-metadata vir die US navorsers word ingesamel vanaf bronne soos PubMed, Dimensions, Web of Science, Scopus, MLA, Crossref, ArXiv, ensovoortsen word in Elements vertoon. Profiele van navorsers wat publikasies, onderrigaktiwiteite ensovoorts insluit, word in die Discovery-module vertoon, terwyl die indiening van publikasies aan DHOO via die Annual Collections module (ACM) gedoen word.
Teken hier aan op Symplectic Elements ?
Verskeie gidse en opleidingsmateriaal kan hieronder verkry word.
Gidse en Opleidingsmateriaal
Handleiding vir publikasie ko?rdineerder? (slegs beskikbaar in Engels)
Handleiding vir navorsers? (slegs beskikbaar in Engels)?
Opleidingsessie 1? (PDF van aanbieding)
Opleidingsessie 2 (PDF van aanbieding)
Opleidingsessie 3 (PDF van aanbieding)
?Videos
?
?
?