Universiteitsbefondsing
????????Verskeie befondsingsgeleenthede is beskikbaar via die
Subkomitees van die Navorsingskomitee en ander bronne.
Subkomitee A ondersteun navorsing in die fa?kulteite Lettere en Sosiale Wetenskappe, Opvoedkunde, Regsgeleerdheid, Teologie, Ekonomiese en Bestuurswetenskappe en Krygskunde. Personeel uit die steundienste kan ook by hierdie komitee aansoek doen om befondsing.
Subkomitee B ondersteun navorsing in die fakulteite Natuurwetenskappe, AgriWetenskappe en Ingenieurswese.
Subkomitee C ondersteun navorsing in die Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe. Kliek ?hier? vir meer inligting.
*Onthou om ook u fakulteit direk te kontak oor moontlike befondsingsgeleenthede, veral vir kongresbywoning.
Let wel! Subkomitee A en B kom ten einde gedurende 2025 en word in 2026 deur fakulteitskomitees vervang. Daar is dus tans beperkte geleenthede. Kontak gerus u relevante Visedekaan: Navorsing vir befondsing in 2026.

![]() | ? Levert Louw Telefoon: 021 808 2271 |
?
??