???
Gereelde vrae deur voornemende en huidige voorgraadse studente
Algemeen
Indien jy nie ?n antwoord in hierdie dokument met vrae en antwoorde vind nie, kan jy die volgende persone kontak:
Indien jou navraag oor registrasie handel (bv. toelating, registrasie, hertoelating, module- en programveranderings, bewyse van voltooiing en die onderrigtaal), stuur dit asb. aan registrarems@sun.ac.za.
Vir studenterekords (akademiese rekords of sertifikate), stuur asb. ?n e-pos aan records@sun.ac.za.
Vir internasionale sake (bv. studievisums, mediese dekking en internasionale kurrikula), stuur asb. ?n e-pos aan suiundergrads@sun.ac.za.
Indien jy jou antwoordstel wil laat hersien, kan jy die betrokke dosent kontak.
Indien jy ?n module sak en meen dat jou finale punt verkeerd bereken is, kan jy aansoek doen dat die betrokke departement jou finale punt in die spesifieke module noukeurig herbereken. Jy kan jou versoek vir ?n herberekening van punte aan die volgende stuur: registrarems@sun.ac.za.
Indien jy jou antwoordstel weer wil laat nasien, kontak asseblief die Assesseringskantoor by stbexams@sun.ac.za.
Studentegelde/Beurse
Ongelukkig het die Fakulteit nie toegang tot beursfondse nie. Alle fondse word deur die Sentrum vir Voorgraadse Beurse en Lenings (SVBL) en die Nagraadse Kantoor hanteer. Voorgraadse studente, besoek asseblief hierdie webblad vir die betrokke e-posadres: https://finaid.sun.ac.za. Nagraadse studente, besoek asseblief hierdie webblad vir die betrokke e-posadres en befondsingsgeleenthede: http://bit.ly/3Jk6LIS.
Indien jou navraag oor studentesake handel wat niks met die bogenoemde te doen het nie, stuur dit asseblief aan emsinfo@sun.ac.za.
Jou jongste studierekening (of universiteitsfaktuur) is op jou profiel op SUNStudent beskikbaar. Jy kan egter ook ?n e-pos met jou studentenommer aan studentaccounts@sun.ac.za stuur en vir jou jongste studierekening vra.
Kontak die departement vir studentegelde by studentaccounts@sun.ac.za en gebruik jou US-nommer as verwysing.
Voornemende studente
Die Fakulteitsjaarboek lys al die programme wat aangebied word, van voorgraadse tot PhD-vlak. Blaai gerus deur ons Jaarboek en kyk watter program jou die beste pas. Die Fakulteitsjaarboek is beskikbaar op die Fakulteitswebtuiste (www.sun.ac.za/ems). Klik op akademiese programme by die snelskakels aan die regterkant.
By elke program is die naam van ?n kontakpersoon wat jy kan kontak indien jy verdere inligting benodig.
Indien jy enige administratiewe vrae (rakende registrasie, oordrag van modules, modulekrediete, ens.) het, kontak gerus ons fakulteitsadministrateurs (www.sun.ac.za/ems).
Let asseblief daarop dat jy aan die minimum toelatings- en keuringsvereistes van ?n voorgraadse program moet voldoen ten einde ?n aanbod vir daardie program te ontvang. Die meeste van ons B-grade is ?n minimum van 3 jaar lank.
Laat aansoeke sal slegs in uitsonderlike gevalle aanvaar word voor die aanvang van die akademiese jaar en indien daar plekke beskikbaar is binne die program. Stuur asseblief ?n e-pos aan emsinfo@sun.ac.za vir verdere inligting oor laat aansoeke.
Kontak die Registrateursafdeling by registrarems@sun.ac.za en gebruik jou Aansoeker/ID as verwysing vir jou navraag.
Wanneer die Graad 12-eindeksamenpunte in Januarie bekend gemaak word, kan jy moontlik die geleentheid kry om vir heroorweging aansoek te doen indien jy aan die minimum toelatings- en keuringsvereistes van die betrokke program voldoen. Ons is egter nie in staat om die vereistes te bevestig wat dan sal geld nie, aangesien dit van verskeie veranderlikes afhang, onder andere die getal voorwaardelike aanbiedinge wat aanvaar is, die getal finale aanbiedinge wat uitgereik is en die Graad 12-eindeksamenpunte. Let asseblief daarop dat heroorweging ook van die getal beskikbare plekke in die program afhang; daarom word toelating nie gewaarborg nie.
Ja. Onthou dat selfs indien jy byvoorbeeld BA vir ?n jaar of meer studeer het, jy steeds aan die minimum vereistes vir die Nasionale Senior Sertifikaat (NSS) moet voldoen ten einde vir die program BCom (Bestuurswetenskappe) te registreer. Al het jy onderskeidings in jou eerste en tweede jaar op universiteit behaal, is dit met ander woorde steeds jou NSS-punte wat jou toelating tot ?n program bepaal (tensy die Fakulteit se Jaarboek iets anders spesifiseer).
Die minimum toelatingsvereistes ≠ die keuringskriteria nie.
As jy aan die minimum toelatingsvereistes voldoen, beteken dit nie dat jy gekeur en tot ?n program toegelaat sal word nie. Indien daar meer aansoekers is wat aan die minimum toelatingsvereistes voldoen as waarvoor die Fakulteit plek het, sal verdere keuringsvereistes en -prosesse toegepas word. Keuringsvereistes word op verskeie faktore gebaseer en kan van jaar tot jaar verskil.
Die BCom (Bestuurswetenskappe) Verlengdekurrikulumprogram is ?n keuringsprogram met ?n beperkte aantal plekke beskikbaar. Aansoekers word vir die program gekeur op grond van die getal beskikbare plekke. Selfs al voldoen ?n student aan die minimum toelatingsvereistes, beteken dit nie die aansoeker kan outomaties vir die program registreer nie. Aansoekers wat aan die vereistes vir sosio-ekonomiese status (SES) voldoen, ontvang voorkeur. Die BCom (Bestuurswetenskappe) Verlengdekurrikulumprogram is ?n vierjaarprogram. Verdere inligting oor die program is in die Fakulteitsjaarboek wat op ons fakulteit se webblad beskibaar is (www.sun.ac.za/ems).
Die BCom (Bestuurswetenskappe) Verlengdekurrikulumprogram is die enigste verlengdekurrikulumprogram wat deur die Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe aangebied word. Alle studente het egter die keuse om minder krediete vir enige van die Fakulteit se B-graadprogramme te neem as die aanbevole getal vir elke jaar, soos aangedui in die Fakulteitsjaarboek. Indien jy dié opsie oorweeg, raadpleeg asseblief die fakulteitsadministrateur of fakulteitsbeamptes by Admin A, aangesien jy steeds aan sekere kriteria moet voldoen, soos module-voorvereistes.
Jy kan by die GR-stroom aansluit nadat jy US se BCom (Finansi?le Rekeningkunde) of BCom (Bestuursrekeningkunde) voltooi het en indien jy vir ?n oorbruggingsjaar inskryf. Dit kan tot toelating tot die Nagraadse Diploma in Rekeningkunde (NGDR) lei. Vir meer inligting oor hierdie proses, klik op hierdie skakel.
Alle navrae rakende die oorbruggingsjaar kan aan prof Soon Nel snel@sun.ac.za gerig word.
Verblyf
Die Fakulteit hanteer nie verblyfverwante navrae nie. Dit word deur die Universiteit se Afdeling Studentebehuising (wat deel uitmaak van die Registrateursafdeling) hanteer. Kontak hulle asseblief om uit te vind of hulle steeds verblyf beskikbaar het (of om op die kortlys geplaas te word), asook die riglyne en prosedure om aansoek te doen. Kontak hulle by emsinfo@sun.ac.za of tel. 021 808 9111 en vra spesifiek vir studentebehuising/koshuisplasing.
Jy kan ook verhuringsagentskappe op Stellenbosch kontak om navraag te doen om privaat te huur Hier is ?n skakel met nuttige (NSFAS-geakkrediteerde) privaat verblyfbesonderhede. Die webtuiste beskik oor al die betrokke kontakbesonderhede.
Administratiewe navrae
Oorskakeling tussen programme (ook bekend as artikulering) is net moontlik aan die begin van ?n jaar. As huidige student hoef jy nie via SUNStudent vir die program aansoek te doen waarheen jy wil artikuleer nie. Oorskakeling tussen programme gedurende voorgraadse studie is onderhewig aan die Fakulteit se vereistes vir outomatiese hertoelating ten opsigte van minimum krediete wat geslaag is. Verder moet jy ook aan die keuringsvereistes voldoen van die program waarheen jy artikuleer.
Jy sal nie aan die begin van die tweede semester van program kan verander nie. Indien jy egter toestemming ontvang, kan jy jou modules in die tweede semester verander om dit in ooreenstemming te bring met die kurrikulum van die program waarheen jy beplan om te artikuleer. Let asseblief op na die sperdatum vir moduleveranderings in die tweede semester. Kontak die fakulteitsadministrateur en fakulteitsbeamptes in die Registrateurskantoor, wat jou sal help bepaal watter van jou huidige modules oorgeskakel kan word en vir watter ander modules jy kan of moet registreer.
Wanneer registrasie in Januarie/Februarie open, kan jy Admin A besoek om die fakulteitsbeamptes te raadpleeg oor hulp met die oorskakeling tussen programme. Hulle kan bevestig of jy aan die minimum toelatings- en keuringsvereistes voldoen en jou help om vir die nuwe program te registreer.
Dit is aanvaarbaar indien jy enkele modules gesak het, solank jy die vereiste minimum akademiese krediete vir outomatiese hertoelating slaag (minstens 50% van geregistreerde krediete).
As ?n voorgraadse student moet jy minstens 50% van die totale krediete slaag waarvoor jy elke jaar geregistreer het ten einde jou studies in die volgende jaar voort te sit. Indien studente byvoorbeeld in hul eerste jaar is en hul totale kredietlading is 120 krediete, moet hulle 60 krediete slaag om met die volgende akademiese jaar voort te gaan (60/120 = 0.5 krediete). Indien jy enige modules gestaak het, sal die modulekrediete van daardie modules nie in berekening gebring word om jou hertoelatingstatus te bepaal nie. Indien jy voldoende krediete geslaag het (minstens 50% van die krediete waarvoor jy geregistreer het), sal jy toegelaat word om vir die volgende akademiese jaar te registreer en sal jy genoodsaak wees om vir daardie modules wat jy gesak het, te herregistreer en hulle te herhaal. Vir verdere inligting oor die minimum akademiese krediete wat vir voortgesette studie vereis word, raadpleeg asseblief die relevante deel in die Universiteit se Jaarboek, Deel 1 van die Jaarboek (Algemene Re?ls).
Indien jy nie genoeg krediete slaag nie, moet jy weer aansoek doen vir hertoelating. Verdere inligting is beskikbaar by Deel 1 van die Jaarboek (Algemene Re?ls). Daar is ?n aansoekprosedure waar jy geldige redes (en bewyse) moet verskaf waarom jy nie voldoende krediete geslaag het nie. Indien jou akademiese prestasie nie aan die vereistes van hertoelating tot die Universiteit die volgende jaar voldoen nie, sal jy voor 24 Desember van die huidige jaar per sms en by jou US e-posadres in kennis gestel word. Jy het dan die geleentheid om teen 11 Januarie ?n getikte appèl met stawende dokumentasie by die Universiteit aan te teken, waarin jy verduidelik waarom die Universiteit dit moet oorweeg om jou toe te laat om jou studie te hervat. Geen laat aansoeke vir hertoelating sal aanvaar word nie. Die aansoek sal aan die Hertoelatingsappèlkomitee voorgelê word vir oorweging.
Dié proses bestaan uit twee stappe wat verseker dat jou aansoek heroorweeg word.
Jy moet jaarliks voor 31 Julie op die SUNStudent-aansoekportaal aansoek doen as ?n nuwe student, maar daar sal vrae wees wat daarop dui dat jy ?n hertoelatingstudent is. Dit is die eerste stap in die proses.
Dan moet jy wag totdat die aansoeke vir hertoelatingsappèlle in Desember open (jy sal vanaf 23 Desember 2025 ?n e-pos ontvang) om jou aparte motivering in te dien in ooreenstemming met die instruksies oor hertoelating wat teen daardie tyd op die webtuiste verskaf sal word: Hertoelating (sun.ac.za). Dit is die tweede stap in jou hertoelatingsaansoek sodat die Hertoelatingsappèlkomitee jou aansoek kan oorweeg.
In die hertoelatingsappèlproses van 2025 is die sluitingsdatum 10 Januarie 2025 om jou aansoekvorm, motivering en stawende dokumente in te dien. Dien asseblief alle dokumente en jou aansoek in een e-pos in.
Jou aanvanklike aansoekstatus op die stelsel sal aangedui word as op die waglys totdat die Hertoelatingsappèlkomitee in Januarie/Februarie ?n finale uitslag aan jou kommunikeer.
Die Fakulteit se Hertoelatingsappèlkomitee sal in Januarie vergader om te besluit of jy toegelaat sal word om na die US terug te keer op grond van jou akademiese vordering en die motivering wat jy op die vorm verskaf het. Daar is geen verdere appèlproses wat gevolg kan word indien jou hertoelatingsaansoek vir die betrokke jaar afgekeur is nie.
Voltooiing van grade:
?n Student moet die Registrateursafdeling kontak om vas te stel of die proses om by ?n afstandsonderriginstelling en openbare universiteit soos UNISA in te skryf, gepas en moontlik is, gegewe al die programvereistes, module-ekwivalensie en betrokke re?ls. Sodanige student se graad sal steeds deur die Universiteit Stellenbosch toegeken word.
?n Student kan nie by UNISA inskryf sonder ?n toestemmingsbrief van die Registrateursafdeling nie. Daarin word die UNISA-modulekodes waarvoor ingeskryf word, gelys en bevestig dat die student vir nie-graaddoeleindes inskryf.
Die student moet tegelykertyd by beide instellings geregistreerd wees.
Om navraag oor hierdie proses te doen, kontak asb. registrarems@sun.ac.za
Hertoelating:
Studente kan by UNISA of enige ander instelling slegs vir nie-graaddoeleindes inskryf om te bewys dat hulle steeds akademies aktief was terwyl hulle vir die betrokke akademiese jaar uitgesluit was. Hierdie bewys word net in die hertoelatingsappèlaansoek gebruik wat die student weer moet voltooi ten einde vir toelating vir die volgende jaar aansoek te doen. Die ekwivalensie van modules waarvoor ingeskryf is, kan slegs bepaal word indien die student ?n geregistreerde US-student is, derhalwe sal die kredietakkumulasie en -oordrag (KAO) slegs plaasvind sodra bevestig is dat die student toegelaat word om weer by US te registreer.
Besonderhede oor die bepaling van ekwivalensie van modules kan by die Registrateursafdeling by registrarems@sun.ac.za aangevra word.
Indien jy aansoek wil doen by die Universiteit Stellenbosch vir kredietakkumulasie- en oordrag (oordrag van krediete) vir ?n module/modules wat by ?n ander instelling voltooi is, stuur asb. die volgende inligting rakende elke module aan registrarems@sun.ac.za:
- Akademiese rekord van ander instelling
- Module-uitkomste
- Onderwerpe
- Nasionale Kwalifikasieraamwerk-vlak
- Krediete
- Beskrywing van module-inhoud
- Assesserings (indien moontlik).
Jy moet vir al die modules in die voorgeskrewe kurrikulum registreer (insluitend daardie waarvoor jy aansoek doen vir KAO), klasse bywoon en assesserings indien totdat jy ?n antwoord op jou KAO-aansoek ontvang het.
Indien jy inligting benodig om vir kredietakkumulasie en -oordrag (oordrag van krediete) by ?n ander instelling aansoek te doen, kontak records@sun.ac.za. Verskaf jou studentenommer en dui aan presies watter inligting benodig word en vir watter modules. Die Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe verskaf nie assesseringsdokumentasie nie.
Studenteondersteuning
Aansoeke vir assesseringskonsessies word deur die Eenheid vir Gestremdhede in die Sentrum vir Studentevoorligting en -ontwikkeling (SSVO) hanteer. ?n Komitee oorweeg alle aansoeke en besluit of ?n konsessie – en presies watter konsessie/s – toegestaan sal word.
Die aansoekvorms en -besonderhede is op die My.SUN-platform beskikbaar:
- Gaan na: https://my.sun.ac.za/.
- Maak seker jy is by “Voorgraads” heel bo-aan.
- Rol afwaarts en links/regs totdat jy die opskrif “Studies” vind.
- Klik dan op die ikoon “Toetse en Eksamens: Beleid en Inligting”.
Lees die handleiding (Student Guide – How to raise an exam concession and view concession letter) oor hoe om ?n assesseringskonsessieversoek op SUNStudent te rig.
Die Vorm vir Praktisyns op die My.SUN-platform moet deur jou praktisyn voltooi word. Sodra dit voltooi is, voeg dit by die betrokke verslae van jou mediese praktisyn / sielkundige / oogarts.
Hou by die aansoektydperke aangesien geen laat aansoeke via SUNStudent opgelaai kan word nie. Kontak concessions@sun.ac.za vir bystand.
Hoewel die Fakulteit se Mentorprogram nie tans aktief is nie, bied modules verskeie geleenthede tot bykomende hulp. Gaan asb. die moduleraamwerk na vir verdere inligting oor tutoriale sessies en spreekure.
Jy kan ook jou klasverteenwoordiger kontak om navraag te doen oor enige ander bykomende ondersteuning, of kontak die EBSK (Fakulteit se studentekomitee) om navraag te doen oor akademiese bystandsinisiatiewe.
Klasbywoning
Indien jy nie in staat sal wees om jou klasse by te woon nie, moet jy aansoek doen om verlof tot afwesigheid. Raadpleeg asb. paragraaf 12 (Afwesigheid van akademiese aktiwiteite) van Deel 1 van die Jaarboek (Algemene Re?ls).
Alle studente moet aan die betrokke vereistes vir klas- en assesseringsbywoning voldoen, aangesien dit deel uitmaak van die kurrikulum van die betrokke graad-, sertifikaat- of diplomaprogram waarvoor hulle geregistreer het.
In die geval van afwesigheid van enige verpligte akademiese aktiwiteite (bv. klas-, praktiese, kliniese, navorsings- of assesseringsaktiwiteite), geld die re?ls in Deel 1 van die Jaarboek vir beide voor- en nagraadse studente.
Indien jy noodwendig klasse misloop weens ?n rede soos ?n tydperk van siekte, is dit jou verantwoordelikheid om die werk wat jy misgeloop het, in te haal; dus sal jy selfstudie moet doen. Die moduleraamwerke wat op SUNLearn beskikbaar is, bevat die kontakbesonderhede van jou dosente. Dit is ook nuttig om jou vriende wat dieselfde modules as jy het, te vra watter werk in die klas behandel is of om hulle aantekeninge te lees. Indien jy vrae ná selfstudie het, kan jy jou dosent kontak of van hul spreekure gebruik maak om spesifieke vrae aan hulle te stel.
Geen re?lings vir verlof tot afwesigheid sal getref word vir studente wat afwesig is gedurende hul assesseringsgeleenthede vir semester- en jaarmodules (A1S1, A2S1, A3S1, A1S2, A2S2, A3/A3S2) nie. Indien jy ?n geruime tyd afwesig sal wees en assesserings gaan misloop, neem kennis van die Fakulteit se Voorgraadse Assesseringsre?ls (by hierdie skakel) beskikbaar. Die Assesseringsre?ls maak voorsiening vir studente wat weens die een of ander rede nie in staat is om ?n assesseringsgeleentheid te voltooi nie. In elke module word ?n aantal assesseringsgeleenthede aan studente gebied. Behalwe dat studente ?n minimum getal assesserings moet voltooi, moet hulle ook A2/A2S2 of A3 voltooi en aan enige subminimum kriteria voldoen (indien van toepassing) ten einde ?n geldige finale punt te behaal. Gaan jou moduleraamwerk na vir spesifieke vereistes.
Indien ?n student se aanbevole aansoek om verlof tot afwesigheid vir verlengde tydperke is, kan dit onmoontlik wees om die betrokke akademiese verpligtinge in te haal en binne die normale tydperk te voltooi wat vir die spesifieke module, jaar of program toegelaat word. Dit kan nodig wees om die kurrikulumprogram te verleng, aansoek te doen om die studies vir ?n jaar te onderbreek, of dit te oorweeg om die studies te staak en op ?n latere stadium te hervat.
Indien jou mediese praktisyn verdere verlof tot afwesigheid aanbeveel, sal jy dit dalk moet oorweeg om jou studies vir die res van die jaar te staak. Gaan die universiteitsalmanak na vir die sperdatum vir die staking van studie weens mediese redes. Indien jy nie 50% van die krediete slaag vir die akademiese jaar waarvoor jy geregistreerd is nie, moet jy vir hertoelating aansoek doen. Indien dit op jou akademiese loopbaan van toepassing is, sal jy daaroor ingelig word. Indien daar ?n risiko bestaan dat jy nie voldoene krediete aan die einde van die jaar slaag nie, sal jy in kennis gestel word en riglyne ontvang oor hoe en teen wanneer om aansoek te doen.
Indien jy deur siekte of ander oorsake verhoed word om aan verpligte akademiese aktiwiteite deel te neem, soos navorsing, klasse, praktika, kliniese werk, klasassesserings of die uitvoering van klaswerk, moet jy die betrokke akademiese personeellid van die module of program onverwyld raadpleeg. Dit is jou persoonlike verantwoordelikheid om ?n aansoek om verlof tot afwesigheid in te dien. Die indiening van ?n aansoek om verlof tot afwesigheid deur ?n derde party sal net oorweeg word as jy medies ongeskik is (met bewys van mediese ongeskiktheid). Jy moet onverwyld ?n geskrewe aansoek vir verlof tot afwesigheid by die betrokke beampte in die Sentrum vir Akademiese Administrasie (SAA) indien, behalwe wanneer die afwesigheid slegs vir een dag was. In die laasgenoemde geval behoort die betrokke akademiese personeellid die aansoek om verlof tot afwesigheid te hanteer.
Die Universiteit Stellenbosch is ?n residensi?le universiteit en klasbywoning (van aangesig-tot-aangesig) is verpligtend. Deelname aan klasaktiwiteite is noodsaaklik vir die ontwikkeling van graduandi-eienskappe wat deur jou opleiding vereis word. Ons kan derhalwe nie toestemming verleen dat studente nie self klasse bywoon nie, of toegewings maak vir aanlyn klasbywoning of onafhanklike studie alleen.
Indien jy kies om nie klasse by te woon nie en slegs selfstudie te doen vir ?n module, is dit jou besluit. Dit is egter jou verantwoordelikheid om steeds via SUNLearn op hoogte van sake rakende die module te bly. Verder moet jy begryp dat jou keuse daartoe kan lei dat jy waardevolle beskikbare geleenthede vir assessering en leer in die klas misloop. Dit is ook belangrik dat jy nie enige verwagtinge vir bykomende ondersteuning aan dosente kan stel bo en behalwe dit wat reeds gedurende klasse aangebied word nie, aangesien klasbywoning verwag word.
Botsings
Raadpleeg asb. paragraaf 4.2.7 (Beperking ten opsigte van moduleregistrasie op grond van roosterbotsings), soos uiteengesit in US se Algemene Re?ls (in Deel 1 van die Jaarboek), rakende die hantering van toetsbotsings en registrasie van modules met roosterbotsings. Dit lui: Jy moet self die klas- en assesseringsroosters voor registrasie nagaan en jou moduleregistrasie streng beperk tot die moontlikhede wat die betrokke roosters bied. Geen student mag modules volg wat op enige van hierdie roosters bots nie.
Verder lui paragraaf 4.2.4.8: Die assesseringsbeleid is van so ?n aard dat, indien jy botsings op die assesseringsrooster ervaar, jy van ?n ander assesseringsgeleentheid in die betrokke modules gebruik kan maak, mits hierdie opsie deur die re?ls van die onderskeie modules toegelaat word. Verwys asb. na die Fakulteit se Voorgraadse Assesseringsre?ls (by hierdie skakel) waarin voorsiening gemaak word vir studente wat nie in staat is om ?n assesseringsgeleentheid te voltooi nie.
Raadpleeg gerus die betrokke dosente om uit te vind of daar ?n moontlikheid is om assesserings vir albei modules vir A1 op dieselfde dag te skryf. Let daarop dat jy nie die reg het om aanspraak te maak dat jy geakkommodeer word nie. Indien die aflê van assesserings vir albei modules op dieselfde dag nie toegelaat word nie, sal jy ?n A1-assesseringsgeleentheid vir een van die modules moet prysgee en die A2 en A3 vir daardie module moet skryf. In gevalle waar botsings gedurende die A2- en A3-assesserings voorkom, sal die Universiteit se assesseringsre?ls toegepas word.
SUNLearn
Maak asb. seker dat die filter-opsie in die boonste linkerhoek op voortgesette kursusse gestel is en dat jy kies om jou kursus as ?n lys te besigtig.
Klik asb. op die skakel hier onder om uit te vind hoe jy toegang tot al jou modules op SUNLearn kan verkry:
https://www.loom.com/share/71cc97086bd440d6993c5ffbb23587de?sharedAppSource=personal_library
Indien jy steeds probleme ervaar om modules op die SUNLearn-blad te sien, kontak SUNLearn se hulplyn by learn@sun.ac.za.
Dekaansvergunningsassessering (DVA)
Kyk asseblief in die Deel 1 van die Jaarboek, afdeling 7, vir die re?ls oor Dekaansvergunningsassesserings (DVA’s).
Graduering en nagraadse studies
Die re?ls rakende tweede eksamengeleenthede en die verwerwing van ?n graad word in Deel 1 van die Jaarboek (Algemene Re?ls) beskryf:):
Indien jy as finalejaarstudent, ongeag die rede daarvoor, ?n assesseringsgeleentheid vir ?n module gedurende die A3-tydperk in November benut, kan jy nie gedurende die gradeplegtighede in Desember daardie jaar ?n kwalifikasie ontvang waarvoor die betrokke module vereis word nie. Die vroegste geleentheid waarby jy jou kwalifikasie kan ontvang, is in Maart of April van die daaropvolgende jaar.
Ongelukkig sal jy nie in Desember kan gradueer indien jy ?n A3 moet aflê nie.
Let op na die vereiste toelatingspunt vir die voorgeskrewe modules van die nagraadse program waarin jy belang stel (wat in Deel 1 van die Jaarboek verskaf word). Indien jy vir die DVA kwalifiseer en dit aflê, sal jy slegs ?n finale punt van 50 (wat die hoogste punt is wat toegeken word) ontvang.
Raadpleeg gerus die departement wat die nagraadse program aanbied waarin jy belang stel om die presiese toelatingsvereistes te bevestig en vas te stel watter uitwerking die DVA op jou moontlike kwalifisering vir die nagraadse program sal hê.
Indien jy ?n A3-assessering aflê, sal jy steeds vir nagraadse studie oorweeg word. Keuring vind eers plaas nadat jou punte vrygestel is, met die gevolg dat jy moontlik terugvoer kan ontvang kort voordat die program begin.
Indien jy nie die gradeplegtigheid kan bywoon nie, kan jy re?l dat jou kwalifikasie in absentia toegeken word. Om hierdie re?lings te tref, meld aan by die studenteportaal en gaan na Academics > Graduation Ceremony. As jy "No" kies by bywoning, sal die stelsel jou vra om tussen self afhaal of koerieraflewering van jou gradueringsdokumente te kies.
As jy nie jou seremonie kon bywoon nie of aangedui het dat jy in absentia gaan gradueer, sal jy jou gradueringsdokumentasie soos volg ontvang:
Jou gradueringsdokumente sal met DHL Couriers versend word, wat die dokumente by jou deur sal aflewer, mits jou huidige woonadres en kontaknommers op die Universiteit se stelsel bygewerk is.
Vir verdere bystand, kontak asb. graduation@sun.ac.za.
Indien jy kies om die toekenning van jou kwalifikasie na die Maart 2025-plegtigheid uit te stel, sal jy nie jou amptelike gradueringsdokumente by die Gradueringskantoor kan aanvra nie. Ons sal wel ?n amptelike akademiese rekord aan jou kan verskaf.
Om re?lings te tref dat jou graduering uitgestel word, meld aan by die studenteportaal en gaan na Academics > Graduation Ceremony > en kies uitstel na Maart..?
???