Sentrums en Institute
?Afrika Sentrum vir MIV-/Vigsbestuur
Die Sentrum se aktiwiteite is op die bestuur van MIV en Vigs in werksituasies gemik en sluit onderrig, navorsing en gemeenskapsdiens in.
??Afrika Sentrum vir Dispuutbeslegting
Die Sentrum (by USB) beskou homself as ’n katalisator en innoverende leier in die ontwikkeling van die teorie en praktyk van mediasie, veral waar ekonomiese rolspelers by konflik betrokke is.
??Buro vir Ekonomiese Ondersoek
Die Buro is ’n ekonomiese navorsingsinstansie. Dit monitor en voorspel ekonomiese tendense en identifiseer en ontleed (plaaslike en internasionale) faktore wat Suid-Afrikaanse sake-ondernemings be?nvloed.
Sentrum vir Korporatiewe Bestuur
Die Sentrum (by USB) doen multi-dissiplin?re navorsing en bied opvoedings- en ontwikkelingsaktiwiteite aan ten einde doeltreffende korporatiewe bestuur van Afrika-organisasies te bevorder.
Sentrum vir Statistiese Konsultasie
Die Sentrum staan navorsers en nagraadse studente by met die statistiese aspekte van hul navorsing. Dit sluit die berekening en interpretasie van resultate in.
??Instituut vir Toekomsnavorsing
Die Instituut is ’n navorsingsinstelling wat besluitnemers en strategiese beplanners help om medium- tot langtermynverandering te bestuur.
??Sentrum vir Volhoubaarheids-oorgange
Die Sentrum vir Volhoubaarheids-oorgange (CST) by US bring kompleksiteitsdenke, volhoubare wetenskap en transdissiplinê?re navorsingsmetodologie byeen. ??
ACCERUS
Die Sentrum spesialiseer in teen-korrupsie onderrig en opleiding. Die geakkrediteerde teen-korrupsiekursusse dra kennis, bewustheid, vaardighede en strategie? oor en lewer effektiewe teen-korrupsie programme aan die openbare- en privaatsektors.
Centre for Multi-dimensional Data Visualisation (MuViSU)
The core activities of MuViSU are three-fold:
- To extend multi-dimensional visualisation methodology and related techniques, such as biplots, through theoretical developments;
- The application of newly derived techniques to data sets originating from various fields;
- The development, maintenance, and improvement of an extensive collection of R functions for constructing all necessary graphical displays and performing various multi-dimensional visualisation based techniques.