Navorsing
??????Die navorsing in die Fakulteit is daarop gemik om nuwe kennis van kernbestuursdissiplines te ontsluit en praktiese toepassings te genereer wat deur beleidmakers, die sake- en nywerheidsektore gebruik kan word. Interdissiplinêre samewerking, beide in die Fakulteit en dwarsdeur die Universiteit, is van besondere belang.
Die Fakulteit is trots:?
daarop om die volgende leerstoele van die Nasionale Navorsingstigting (NNS) te huisves:? Leerstoel?? in die Ekonomie van Sosiale Beleid; Leerstoel in Sosio-ekologiese Stelsels en Veerkragtigheid; Trilaterale Leerstoel in Gender vir Energiesekuriteit (GENS).?
op sy navorsers met NNS-evaluering?. Baie van hulle is leiers op hul vakgebiede, doen toonaangewende navorsing en tree as konsultante en adviseurs op vir vooraanstaande sakeondernemings en die regering.
op die Nagraadse Skool? in Ekonomiese en Bestuurswetenskappe. Dit bied navorsers 'n voltydse beursprogram om hulle in staat te stel om hul doktorale studie binne drie jaar te voltooi.
?
Navorsers word op verskeie maniere ondersteun. Aan fakulteitskant word hierdie steun deur die Visedekaan (Navorsing) en die navorsingskomitee geko?rdineer, terwyl universiteitsteun via die Afdeling Navorsingsontwikkeling, die Biblioteek- en Inligtingsdiens, en die Nagraadse Kantoor?? gekanaliseer word.?
Vir inligting oor die verskillende vlakke van finansiёle en ander navorsingsondersteuning wat beskikbaar is, kliek asb hier.
- Lees meer oor navorsing by die US Bestuurskool met toegang tot die akademiese tydskrif: ??
- Om uitgawes van Research@Stellenbosch te lees, kliek hier.