??????
Die US bied jaarliks die FVZS Erelesing, 'n hoogtepunt op die Universiteit se almanak vir openbare geleenthede, aan om wyle dr Van Zyl Slabbert se nalatenskap te vereer en 'n platform te verskaf vir ons studenteleiers, akademici, die bre?r gemeenskap en vooraanstaande leiers op verskeie gebiede om krities met aktuele Suid-Afrikaanse politieke en regeringskwessies om te gaan.
Van Zyl Slabbert se reputasie as agent van verandering in die onlangse geskiedenis van Suid-Afrika kan nie oorskat word nie. Sy betrokkenheid by sosiale kwessies en sy bevordering van 'n begrip van demokrasie oor sy loopbaan heen getuig van sy diens aan die Suid-Afrikaanse samelewing. ? Vorige gassprekers sluit in:?2021: regter Dennis Davis – voormalige regter van die Suid-Afrikaanse Hooggeregshof 2019: me Marianne Thamm – skrywer, redakteur, satirikus en rubriekskrywer2018: dr Wendy Luhabe – sosiale entrepreneur?2017: me Judith February – regeringspraktykpesialis en rubriekskrywer2015: mnr Isaac Shongwe – nie-uitvoerende direkteur van Barlow World Logistics2014: mnr Jay Naidoo – Voorsitter van die Global Alliance for Improved Nutrition (Gain) en ’n voormalige minister in die Nelson Mandela-kabinet2013: me Maria Ramos – Uitvoerende Hoof van die ABSA Groep en Uitvoerende Hoof van Barclays Africa2012: mnr Harald Pakendorf – politieke ontleder en vriend van FVZS??? Ons nooi ons groeiende getal deelnemers, vennote en kollegas na die lesing uit om oor ons rol as aktiewe burgers in die samelewing te besin. Stuur asseblief ’n e-pos na fvzs@sun.ac.za ?as u op ons uitnodigingslys bygevoeg wil word, of volg ons bloot op sosialemediakanale vir verdere inligting. ? |