?EENHEID VIR ERVARINGGERIGTE LEER

Die Eenheid vir Ervaringgerigte Leer (EEL) is deel van die Sentrum vir Studentelewe en ?leer (SSLL), wat onder die Afdeling Studentesake aan die Universiteit Stellenbosch ressorteer. In aansluiting by nasionale en institusionele doelwitte funksioneer die EEL binne 'n raamwerk van sosiale geregtigheid wat studente aanbied as sosiaal bewuste burger-leiers wat tot die holistiese ontwikkeling van hulleself, ander en hulle konteks verbind is. Die EEL se mandaat is om sessies vir personeel en studente aan te bied oor hoe om transformerende ervaringgerigte leergeleenthede te ontwerp, in te voer en te evalueer. Ons doen dit deur raamwerke vir ervaringgerigte leer op te stel en deur gestapelde ervaringgerigte leergeleenthede wat by 21ste-eeuse vaardighede en die kenmerke van US-gegr?adueerdes inskakel. As impakmaatstaf kan studente erkenning vir bewysgebaseerde leer op die akademiese transkrip ontvang, wat hulle vir doeltreffende globale burgerleierskap posisioneer. Om bogenoemde met konsekwente gehalte en doeltreffendheid te vermag, streef die EEL na ervaringgerigte leer as pedagogie vir sosiale geregtigheid. 


??Ervaringgerigte Leer button 1.png

Erkenning vir ervaringgerigte leer op die akademiese transkrip is belyn met die US se kern- strategiese tema 1: 'n transformerende studente-ervaring, want dit “berus op die voorsiening van groeigeleenthede aan alle voor- en nagraadse studente, wat insluit leiding, steun en dienste deur die US om studentesukses te verseker".[1] Met die oog daarop om die US se visie en missie te implementeer, verseker die EEL dat mense, prosesse en praktyke hoofsaak bly deur monitering, evaluering, navorsing en leer (Eng. MERL) te integreer in alles wat ons doen. Hierdie MERL-benadering is veelvlakkig en multidimensioneel, en omvat interne en eksterne vennootskappe. Die EEL hou toesig oor die erkenningsprosesse vir die akademiese transkrip, vanaf aanvang tot afhandeling.

?[1] Universiteit Stellenbosch. Verkorte weergawe van Visie 2040 en Strategiese Raamwerk 2019–2040 6.


HOE OM 'N KO-KURRIKUL?RE AKTIWITEIT TE REGISTREER VIR TRANSKRIPERKENNING

Experiential Learning Recognition Process Flow.png


???Ervaringgerigte Leer button 2.png?


Ervaringgerigte leer en onderrig is die hartklop van wat ons by die EEL doen, en is met die institusionele akademiese projek en die US se kern- strategiese tema 2 belyn:
genetwerkte en samewerkende onderrig en leer. Ons benut 'n aantal leerteorie? (soos Kolb se teorie van ervaringgerigte leer en Freire, Mezirow en Sen se werk) om transformerende leerontwerp binne 'n ho?ronderwysomgewing te bewerkstellig. Een van hierdie aanbiedings is die Ontwerp vir Transformerende Ervaringgerigte Leer- (OTEL-)module. Die oogmerk van OTEL

? Experiential Learning Academic Transcript Recognition.jpeg

?is om die ervaringgerigteleer-omgewing geleentheid te gee om die vaardighede, nutsmiddels en tegnieke teontwikkel wat dit verg om studentgerigte, kontekstueel tersaaklike, transformerende, ervaringgerigte leergeleenthede te ontwerp, deur te voer en te meet. Die EEL gebruik sinchroniese en asinchroniese leermodaliteite om gelyke toegang en gelyke uitkomste te verseker. Studente het toegang tot leergeleenthede in lewende lywe, op kampus, én aanlyn, afkampus. Daarby dra die EEL die verantwoordelikheid binne die Afdeling Studentesake vir die vaardigheidsraamwerk vir ervaringgerigte leer sowel as die integrasie van die kenmerke van US-gegradueerdes by leergeleenthede.

??? ?Ervaringgerigte Leer button 3.png


Monitering, evaluering en Leer (MEL) by die EEL is 'n sistematiese gehalteversekeringsproses vir die Eenheid se programme en projekte, wat ook sorg dat die standaarde geskik vir die doel is. As deel daarvan om MEL as praktyk te vestig, het die EEL ons teorie van verandering (TVV) en MEL-raamwerk ontwikkel aan die hand van die agt omstandighede wat die Suid-Afrikaans ho?ronderwyskonteks kenmerk.?

Hierdie 8 omstandighede is soos volg: 

Omstandigheid 1. Voorgraadse Vermo?ndheid – Epistemologiese Toeganklikheid

Omstandigheid 2. Aanstelbaarheid van Gegradueerdes

Omstandigheid 3. Opleiding vs. Posvereistes

Omstandigheid 4. Sssiale Billikheid en Sosiale Stratifikasie

Omstandigheid 5. Sosiale Netwerke

Omstandigheid 6. Tegnologie

Omstandigheid 7. Globalisering en Globale Diskoers vs. Internasionalisering, en

Omstandigheid 8. Historiese Nalatenskap van Ho?r Onderwys?

Hierdie werk sal regdeur 2024 uitgebrei word.

Ervaringgerigte Leer button 4.png

Die EEL besef en begryp hoe vennootskappe die impak en trefwydte van ons werk verbeter. Vennootskappe is wesenlik vir ons werk om meer leergeleenthede te skep en sodoende studentetoegang en ?sukses te verhoog. Een voorbeeld van so 'n vennootskap is dié tussen die EEL en die VUC Storstr?m (Denemarke) se inisiatief wat op die VN se volhoubareontwikkelingsdoelwitte en betrekkinge tussen die Globale Noorde en Suide ingestel is.?

Partnerships, Research and Capacity Building Initiatives 1.jpg 

?

?Wat ons jou kan bied header.png


Experiential Education Prospectus 2024-AFRIKAANS.png??CC Designing for Transformative Experiential Learning Series.pngCC Shared Humanity.png?

CCExperiential Learning Opportunities.pngCCAcademic Transcript Approved Programmes.pngCC Conferences.png?

CC Experiential learning Community of Practice.pngCC Experiential Education Partners.pngCC Competency Framework.png

CC Expression of Interest Form.pngCC Graduate Attributes.pngCC Regulation Document.png??


?EEL span header.png

Dr Ruth Andrews
Ervaringsleerbestuurder 
E-pos: rutha@sun.ac.za

Ms Lungiswa Nomtayi
Ervaringsleerko?rdineerder
E-pos:? lungiswan@sun.ac.za

?Mr Ramone Comalie
Ervaringsleer Monitering, Evaluering en Navorsingko?rdineerder
E-pos: ramone@sun.ac.za?