????????HULPBRONNE EN GEREELDE VRAE

Kyk gerus hier onder na bykomende inligting oor hoe om jou onderhoudsvaardighede verder te slyp of jou CV en dekbrief by te werk. Jy sal ook ander hulpbronne hier kry om jouself beter toe te rus vir jou eerste tre? in die beroepswêreld.

 ??

 

Voorbeelde van dekbriewe

 

Werksessies - Aanlyn opnames

?

?Get Ready2Work: CV Skryf
?Get Ready2Work: Onderhoudsvaardighede
?Get Ready2Work: LinkedIn Profiel


Gereelde vrae van studente

 

Kan julle vir my ? werk kry?

Nee. Ons is nie ? plasings- of werwingsagentskap nie, maar ons help studente om doeltreffend vir die werksoekproses voor te berei. Ons organiseer ook netwerkgeleenthede met besighede en bestuur die loopbaanportaal Gradlinc waar besighede poste-advertensies kan plaas. Verder stuur ons geteikende e-posse met ? lys van beskikbare poste aan studente.

Ek is ? eerstejaarstudent. Kan ek die dienste van die Eenheid vir Graduandi-loopbaandienste gebruik?

Ja. Hoewel ons daarop fokus om ons finalejaarstudente vir die beroepswêreld voor te berei, is dit belangrik om van jou eerste jaar af aan jou loopbaandoelwitte en werksoekvaardighede te begin werk. Ons stel voor dat eerstejaarstudente die werksessies wat ons aanbied, bywoon.

Ek wil graag ? afspraak maak om my CV te ontwikkel. Hoe doen ek dit en wat het ek hiervoor nodig?

Registreer vir ons werksessies by Gradlinc, voltooi jou profiel, gaan na Geleenthede, dan Werksessies en bespreek vir ? sessie vir die opstel van ? CV. As jy nog bystand nodig het, kontak Thobeka Msi by stm@sun.ac.za om ? afspraak vir ? individuele sessie te maak. Stuur vir haar ? weergawe van jou mees onlangse CV en bring ook ? weergawe op papier saam wanneer jy kom vir julle afspraak.

Ek het ? onderhoud in die vooruitsig en wil graag met iemand gesels oor hoe ek vir die onderhoud kan voorberei.

Registreer vir ons werksessies by Gradlinc, voltooi jou profiel, gaan na Geleenthede, dan Werksessies en bespreek vir ? sessie oor onderhoudvaardighede. Hierdie moenie ? besluit op die laaste oomblik wees nie – gee jouself genoeg tyd om voor te berei. As jy meer inligting nodig het, kontak gerus vir Thobeka Msi by stm@sun.ac.za.

Waar en wanneer word julle werksessies aangebied?

Ons bied al ons werksessies gedurende die etensuur aan, en dit is vir datums dwarsdeur die jaar geskeduleer. Sessies word by die Loopbanekantoor in Victoriastraat 43, Stellenbosch, aangebied. Vir ? volledige lys werksessies kan jy Gradlinc besoek.

Hef julle ? fooi vir julle dienste?

Ons dienste is gratis.

Moet ek my CV saamneem na loopbaanskoue?

Dit is ? baie goeie idee om ? paar afskrifte van jou CV na enige loopbaanskou saam te neem. As ? verteenwoordiger van ? besigheid belangstelling toon om met jou op te volg, kan jy vra of hulle dalk ? afskrif van jou CV wil hê.

Ek wil my studierigting verander en ek het nodig om met iemand daaroor te gesels.

Kontak jou fakulteitsekretaris in Admin A oor jou vrae en behoeftes in hierdie verband. Jy kan ook die SSVO, in Victoriastraat 43, by 021-808 4707 skakel vir ? afspraak met ? voorligtingsberader.

Ek het verlede jaar graad gevang en ek het nou loopbaanadvies nodig. Kan julle help?

Die Kantoor vir Studentewerwing/Voornemende Studente bied loopbaanadvies aan alumni en voornemende studente wat verder wil studeer. Besoek hulle hier vir meer inligting.

Is julle werksessies oop vir enigeen?

Ons werksessies is net beskikbaar vir studente wat tans aan die US studeer.

Ek is op soek na deeltydse of vakansiewerk. Waar kan ek begin kyk?

Klik hier vir ons jongste vakatures. Jy kan ook op Gradlinc? ?registreer sodat ons jou kan laat weet as daar nuwe vakatures is.

Ek moet met ? akademiese voorligter gesels en wil graag ? afspraak maak.

Skakel 021 808 4707 of besoek die Sentrum by Victoriastraat 43, Stellenbosch, om ? afspraak te maak.