?International? Office
?
Internasionale nagraadse studente
Program vir Gesondheidsberoepe-opleiding
Die P4HPT (?n program vir gesondheidsberoepe-opleiding) is ?n skema ter bevordering van akademiese mobiliteit in Afrika wat deur die Europese Kommissie se bestuursagentskap vir opvoeding, oudiovisuele materiaal en kultuur (EACEA) befonds word en onder die sambreelskema vir samewerking in ho?r onderwys tussen lande in Afrika, die Karibiese streek en die Stille Oseaan-streek (Intra-ACP) ressorteer. Die P4HPT verteenwoordig ?n konsortium van elf ho?ronderwysinstellings (HOI) in Afrika:
1. Universiteit van Ghana (ko?rdinerende konsortiumvennoot)
2. Makerere Universiteit, Uganda
3. Uganda Martelaars-universiteit
4. Universiteit Stellenbosch, Suid-Afrika
5. Universiteit van Nairobi, Kenia
6. Moi Universiteit, Kenia
7. Eduardo Mondlane Universiteit, Mosambiek
8. Universiteit van Burundi
9. Universiteit van Juda, Suid-Soedan
10. Universiteit van Lesotho
11. Katolieke Universiteit van Bukavu, Demokratiese Republiek die Kongo
Die program is ontwerp om studente-uitruiling te bevorder – hoofsaaklik tussen P4HPT-vennote (teikengroep 1), hoewel daar ook voorsien word vir akademiese mobiliteit vir aansoekers van buite die konsortium (teikengroep 2).
- Teikengroep 1 (TG1)
Om lid van hierdie teikengroep te wees, moet ?n persoon burgerskap van of verblyfreg in een van die vennootlande hier bo hê en aan een van die HOI's hier bo ingeskryf of daartoe toegelaat wees of ?n graad daar verwerf het. Mobiliteit vloei dus binne die konsortium self, vanaf een P4HPT-HOI na ?n ander P4HPT-HOI in ?n ander vennootland.
TG1-aansoekers moet dus burgerskap van of verblyfreg in een van bogenoemde lande (d.w.s. Burundi, Demokratiese Republiek van die Kongo, Ghana, Kenia, Lesotho, Mosambiek, Suid-Afrika, Suid-Soedan of Uganda) hê en aan een van die elf P4HPT-HOI's hier bo ingeskryf of daartoe toegelaat wees of ?n graad daar verwerf het.
- Teikengroep 2 (TG2)
Om lid van hierdie teikengroep te wees, moet ?n persoon burgerskap van of verblyfreg in een van die vennootlande hier bo hê, en óf ingeskryf of toegelaat wees aan ? HOI wat wel in een van die vennootlande gele? is maar wat nie ? P4HPT-vennoot is nie óf ? HOI- of gelykwaardige graad verwerf het aan ? instelling in een van die lande op die lys hier onder. Mobiliteit vloei dus van buite die konsortium na ?n P4HPT-HOI.
TG2-aansoekers moet burgerskap van of verblyfreg in een van die volgende lande hê:
Suide | Angola, Botswana, Malawi, Namibi?, Swaziland, Zambi?, Zimbabwe |
Weste | Benin, Burkina Faso, Gambi?, Guinee, Guinee-Bissau, Ivoorkus, Kaap Verde, Liberi?, Mali, Mauritani?, Niger, Nigeri?, Senegal, Sierra Leone, Togo |
Sentraal | Ekwatoriaal-Guinee, Gaboen, Kameroen, Republiek die Kongo, S?o Tomé en Principe, Sentraal-Afrikaanse Republiek, Tsjad |
Ooste | Comore, Djiboeti, Eritrea, Etiopi?, Madagaskar, Mauritius, Rwanda, Seychelle, Soedan, Somali?, Tanzani? |
Om vir 'n studiebeurs in aanmerking te kom, moet meesters- en doktorale studente:
- burgerskap van of verblyfreg in enigeen van die P4HPT-vennootlande hê;
- vir TG1-aansoeke – ingeskryf of aanvaar wees aan ? HOI wat op die tydstip waarop vir die studiebeurs aansoek gedoen word, ? P4HPT-vennoot is;
- vir TG2-aansoeke – ingeskryf of toegelaat wees aan ?n HOI in een van die lande wat by die Intra-ACP-oproep ingesluit is;
- voldoende kennis hê van die taal waarin kursusse aan die gasheer-HOI aangebied word.
Die studiebeurs sluit reiskoste (een retoervlugkaartjie), onderrigkoste, versekeringsdekking en leefkoste (beperk tot 24 maande vir ?n meestergraad; 48 maande vir ?n doktorsgraad) in. Aanvullende befondsing is vir diverse uitgawes soos skryfbehoeftes, handboeke, ensovoorts beskikbaar. Die P4HPT dek egter nie navorsingsverwante uitgawes nie.
Daar is ?n vaste aantal TG1- en TG2-studiebeurse beskikbaar, en daar is mobiliteitsteikens vir elke P4HPT-HOI gestel. Studiebeurse word dus op meriete as vernaamste maatstaf toegeken, maar die beskikbare mobiliteitsvloei speel ook ? rol. Byvoorbeeld, as die teiken vir studente uit Ghana wat ?n studiebeurs ontvang, behaal is, maar die teiken vir Mosambiek is nog nie behaal nie, sal aansoekers uit Mosambiek voorkeur bo dié uit Ghana kry.
As u verdere navrae het, besoek asseblief die P4HPT-webblad (http://www.ug.edu.gh/p4hpt/content/welcome-p4hpt), of skakel met me Abena Engmann (aengmann@staff.ug.edu.gh) aan die Universiteit van Ghana of met prof Andrew Whitelaw (awhitelaw@sun.ac.za), wat die ko?rdinering vir die Universiteit Stellenbosch behartig.?