??????
Interdissiplinêre BSc-graad
INTERDISSIPLIN?RE AANBIEDINGE |
?Interdissiplinêre BSc |
BDatSci (Interfakulteit) |
Die interdissiplinêre BSc-graad lei na multidissiplinêre nagraadse opsies.
Fokusarea: Biomediese Wiskundige Wetenskappe
Hierdie fokusarea kombineer velde soos Ingenieurswese, Wiskundige Wetenskappe en die Biologiese Wetenskappe, met nagraadse studiemoontlikhede in Fisiologiese Wetenskappe, Wiskunde of Biomediese Ingenieurswese.Spesifieke toelatingsvereistes:
- Afrikaans of Engels (Huistaal of Eerste Addisionele Taal) 4
- Wiskunde 6
- Fisiese Wetenskappe 4
Fokusarea: Toegepaste Medisinale Chemie
Kombineer Biologiese Wetenskappe en Fisiese Wetenskappe met Patentreg as derdejaarsmodule. Nagraadse studiemoontlikhede in Fisiologiese Wetenskappe of Chemie.Spesifieke toelatingsvereistes:
- Afrikaans of Engels (Huistaal of Eerste Addisionele Taal) 4
- Wiskunde 6
- Fisiese Wetenskappe 4
Fokusarea: Bioinformatika en Berekeningsbiologie
Kombineer Biochemie, Bioinformatika, Rekenaarwetenskap en Genetika op 'n multidissiplinêre vlak, met nagraadse studiemoontlikhede in Bioinformatika en Berekeningsbiologie.Spesifieke toelatingsvereistes:
- Afrikaans of Engels (Huistaal of Eerste Addisionele Taal) 4
- Wiskunde 6
- Fisiese Wetenskappe 4
Fokusarea: Biowiskunde
Toegepaste Wiskunde in kombinasie met Biochemie of Biodiversiteit en Ekologie, met nagraadse studiemoontlikhede in Biochemie, Wiskunde, Plantkunde of Dierkunde. Spesifieke toelatingsvereistes:
Afrikaans of Engels (Huistaal of Eerste Addisionele Taal) 4
Wiskunde 6
Fisiese Wetenskappe 4
BDatSci (Datawetenskap)
Vier fakulteite werk saam om die BDatSci-program aan te bied: Natuurwetenskappe, Ekonomiese en Bestuurswetenskappe, Agriwetenskap en Lettere en Sosiale Wetenskappe. Die program gee 'n deeglike onderbou in alle aspekte van die datalewensiklus, en behels data-insameling, -prosessering, -analise en -visualisering. Jy kan een van die volgende fokusareas kies:- Toegepaste Wiskunde (Natuurwetenskappe)
- Rekenaarwetenskap (Natuurwetenskappe)
- Statistiese Fisika (Natuurwetenskappe)
- Statistiese Leer (Ekonomiese en Bestuurswetenskappe)
- Analitika en Optimering (Ekonomiese en Bestuurswetenskappe)
- Geoinformatika (Lettere en Wysbegeerte)
- Statistiese Genetika (Agriwetenskappe)
- 'n NNS-gemiddelde van minstens 80% (Lewensori?ntering uitgesluit) en Wiskunde 80% plus een van die volgende:
- Afrikaans Huistaal 60% of
- Engels Huistaal 60% OF
- Afrikaans Eerste Addisionele Taal 75% of
- Engels Eerste Addisionele Taal 75%
Stappe
- 1. Is natuurwetenskappe vir my?
- 2. Wat kan ek studeer?
- 3. Voldoen ek aan die vereistes?
- 4. Hoe doen ek aansoek?
- 5. Loopbane in die wetenskap
-
Kom gesels met ons
Kom gesels met ons
- Kom gesels met ons oor studie- en loopbaanmoontlikhede in die natuurwetenskappe, asook die studentelewe by die Universiteit Stellenbosch.
- science@sun.ac.za
-
(021) 808-3931