?????????????????????????Departement STATISTIEK EN AKTUARI?LE WETENSKAP???
Die Departement Statistiek en Aktuari?le Wetenskap is een van die oudstes van sy soort in Suid-Afrika. Statistiek is reeds tien jaar vóór die stigting van die Departement in 1946 as vak aangebied, maar hoofsaaklik vir studente in die handelswetenskappe. Daarom is die Departement in die Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe tot stand gebring. Sedertdien het die omgewings wat statistiekonderrig vereis snel toegeneem. Die Departement bied sedert 1985 ook Aktuari?le Wetenskap aan en is, benewens sy akademiese verantwoordelikhede, boonop die tuiste van die Sentrum vir Statistiese Konsultasie, wat ’n statistieksteundiens aan alle navorsers by die Universiteit voorsien.?
SPESIALISERINGSGEBIEDE SLUIT DIE VOLGENDE IN -
Die Departement voorsien onderrig op verskeie verbandhoudende gebiede, waaronder aktuari?le wetenskap (tot op doktorale vlak), finansi?le risikobestuur (tot op magistervlak), statistiek (tot op doktorale vlak) en wiskundige statistiek (tot op doktorale vlak). Hieronder volg ’n samevatting van die beskikbare vakgebiede.?
?AKTUARI?LE WETENSKAP?
Die nagraadse programme sluit van die latere vakke van die Aktuari?le Vereniging van Suid-Afrika in, asook sommige keusemodules. Suksesvolle studente kan eksamenvrystellings van die aktuari?le beroepsraad verkry in die dienooreenkomstige vakke wat aangebied word in die nagraadse programme.?
Die honneursprogram sluit in Aktuari?le Risikobestuur (A311) en Kommunikasie (N211). Die nagraadse diploma- en magisterprogramme sluit vakke op die genootskapsvlak (F100-vlak) in. Die magisterprogram vereis ook die indiening van 'n navorsingsprojek/tesis.
Verdere besonderhede is beskikbaar op die department se webblad.
FINANSI?LE RISIKOBESTUUR
WISKUNDIGE STATISTIEK EN STATISTIEK
?
NAGRAADSE KWALIFIKASIES??
?
NAGRAADSE DIPLOMAS
? ?
HONNEURSGRADE
-
HonsBCom (Aktuari?le Wetenskap)??
-
HonsBCom (Finansi?le Risikobestuur???)?
-
HonsBCom (Statistiek)??
- ?HonsBCom (Wiskundinge Statistiek)??
-
HonsBCom (Wiskundinge Statistiek: Fokus op Datawetenskap)??
Programaanbod
Nagraadse Diplomaprogramme Honneursprogramme Magisterprogramme DoktoraleprogrammeDepartemente
Bedryfsielkunde Ekonomie Logistiek Ondernemingsbestuur Statistiek en Aktuari?le WetenskapSentrums
Afrikasentrum vir MIV/VIGS-Bestuur Sentrum vir Volhoubaar-heidsoorgangeSkole
Skool vir Rekeningkunde Skool vir Publieke Leierskap?? Stellenbosch Bestuurskool