中国体育彩票

图片

???????????????????????Departement Ekonomie??

Die Departement Ekonomie is in 1920 gestig en het ’n jare lange tradisie van navorsing oor die makro-ekonomie, strukturele ekonomiese kwessies en die formulering, implementering en assessering van ekonomiese beleid binne die konteks van ’n ontwikkelende land.

Die Departement het uitruilooreenkomste met onder andere die Vrije Universiteit Amsterdam, die Erasmus Universiteit Rotterdam, en die Universiteit van Maastricht. ’n Opwindende deel van ons aanbod is ’n gesamentlike magisterprogram in Ontwikkelingsekonomie in samewerking met die Universiteit van G?ttingen in Duitsland.

Die Departement huisves florerende navorsingsentrums wat aktief tot die akademiese en openbare debat bydra. ReSEP (Research on Socioeconomic Policy of die eenheid vir Navorsing oor Sosio-Ekonomiese Beleid) is 'n nasionaal invloedryke eenheid wat fokus op kwessies soos armoede, inkomsteverdeling, sosiale mobiliteit, ekonomiese ontwikkeling en sosiale beleid. LEAP (the Laboratory for the Economics of Africa’s Past of die Laboratorium vir die Ekonomie van Afrika se Verlede) met sy Leerstoel in Ekonomie, Geskiedenis en Beleid is 'n internasionaal erkende sentrum vir die studie van Afrika se ekonomiese geskiedenis en die interaksie met beleid. Die CHF (Centre for Household Finance of die Sentrum vir Huishoudelike Finansies) ondersoek dringende kwessies rakende persoonlike finansi?le volhoubaarheid, terwyl die CCLE (Centre for Competition Law and Economics of die Sentrum vir Mededingingsreg en Ekonomie) oor dissiplines heen werk om oplossings te vind vir markonvolmaakthede.

*Die onderrigtaal is Engels, en alle programme is geskik vir internasionale studente.

?Die Departement bied twee voltydse, lesinggebaseerde honneursprogramme aan:

?Die Honneurs in Ekonomie bied kandidate gespesialiseerde opleiding in ekonomiese teorie en ontleding, wat hulle voorberei vir loopbane in die finansi?le sektor, openbare sektor en burgerlike samelewing.

Die Honneurs in Ekonomie en Wiskundige Statistiek behels gespesialiseerde studie van sowel ekonomie as inferensi?le statistiek. Hierdie program stel studente in staat om kwantitatiewe verwantskappe in die ekonomie te ontleed en om die kennis van datawetenskap op ekonomiese vrae toe te pas.

Ná ’n honneursgraad of gelykstaande kwalifikasie kan studente kies tussen ’n navorsingsgerigte magisterprogram waarvoor ’n tesis vereis word wat op onafhanklike navorsing berus, of ’n lesinggebaseerde magisterprogram. Laasgenoemde is ’n voltydse program wat beoog om bekwame professionele ekonome op te lewer wat in die openbare of privaat sektor in diens geneem kan word of as navorsers opgelei kan word. Studente kan kies vir Algemene Ekonomie, of spesialiseer in Finansi?le Ekonomie, Gedragsekonomie, Toegepaste Ekonometrie, of Ontwikkelingsekonomie.

’n Uitgesoekte groep studente sal toegelaat word om vir die gesamentlike lesinggebaseerde magisterprogram in Ontwikkelingsekonomie in samewerking met die Universiteit van G?ttingen, Duitsland, te registreer.

Die hoogste kwalifikasie in die Departement is ’n Doktoraat in Ekonomie, wat deur middel van ’n proefskrif verwerf word.

?

NAGRAADSE KWALIFIKASIES?????
 HONNEURSGRADE? ? ?  MAGISTERGRADE ?  DOKTORALEGRADE

Aansoekproses