??????????????????????????????????????????????????????????Departement? Drama
Die Departement bied ’n unieke stel professionele en akademiese programme vir nagraadse opleiding in Drama en Teaterstudie. Baie programme bevat sowel praktiese as teoretiese komponente, en onderrig kan in Afrikaans en/of Engels geskied. Inhoud is pasgemaak vir individuele studente se belangstellings en behoeftes. ’n Hele aantal spesialiseringsmoontlikhede is beskikbaar.
Die magister- en doktorale programme is ook toeganklik vir individue met ’n teoretiese kennis van drama of media, byvoorbeeld deur middel van ’n vorige graad in die letterkunde of kommunikasiestudie, of verbandhoudende kwalifikasies.
Die (lesinggebaseerde) honneursprogram duur ’n jaar en bestaan uit sowel teoretiese as praktiese komponente. Die kursuswerkmodules handel oor:
- die metodologie van teaternavorsing;
- gevorderde teater- en dramateorie;
- gevorderde teksontleding (kontemporêre internasionale tekste); en
- ?’n gevorderde teaternavorsingsopdrag.
In 2026 bied ons die volgende 9 spesialiteitsvelde aan, wat jou die geleentheid gee om jou kennis en praktyk binne ? gekose veld te verdiep. Slegs een mag finaal gekies word. Die finale opsies wat aangebied word kan afhang van die aantal studente wat aansoek doen vir die onderskeie velde.
- Toneelspel (verhoog)
- Toegepaste Teater
- Fisiese Teater
- Kreatiewe Skryf
- Regie
- Teaterstudie
- Stem en Spraak
- Kabaret
- Poppespel
Die meestersgraad-tesis is 'n navorsingstesis wat 100% van die prestasiepunt uitmaak.???
??????
NAGRAADSE KWALIFIKASIES
HONNEURSGRADE
Programaanbod?
Nagraadse Diplomaprogramme? Honneursprogramme? Magisterprogramme DoktoraleprogrammeDepartemente
Afrikaans en Nederlands Afrikatale? Algemene Taalwetenskap Antieke Studie? Drama? Engels Filosofie Geografie en Omgewingstudie Geskiedenis? Inligtingswetenskap Joernalistiek Maatskaplike Werk Moderne Vreemde Tale Musiek Politieke Wetenskap Sielkunde?? Sosiologie en Sosiale Antropologie Visuele KunsteSentrums
Navorsingsalliansie vir Ramp- en Risikovermindering (RADAR) Sentrum vir Navorsing oor Evaluasie, Wetenskap en Tegnologie (SENWET)?