中国体育彩票

图片
Industrial Psycholohy
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Magister / Meesters in Bedryfsielkunde

Magister/Meesters in Bedryfsielkunde

 

MCom (Bedryfsielkunde)????? 

Om te kwalifiseer vir oorweging vir toelating tot die kursuswerk/gestruktureerde magister program in MCom (Bedryfsielkunde), geld die volgende kriteria:

  • U gegradueer het met ? erkende honneurs graad met Bedryfsielkunde as hoofvak
  • Indien u aan ? nie-Suid-Afrikaanse universiteit gegradueer het, sal u universiteit deur die Nagraadse kantoor van die Universiteit van Stellenbosch moet erken en goedgekeur word;
  • U gegradueer het met Loopbaan- en Beroepsielkunde, Psigometrika, Metingsteorie en Toegepaste Sielkundige Meting modules in u honneursgraad;
  • U moes met ? gemiddelde persentasiepunt van 65% in u Bedryfsielkunde Honneursgraad jaar gegradueer het.
  • U ? omvattende navorsingsvoorstel ontwikkel het wat die navorsingsaspirasies van die departement bevredig.

VIr meer inligting rondom die aansoek prosedures vir toelating tot die kursuswerk/gestruktureerde magister in MCom (Bedryfsielkunde) program, kontak Me Coreli Cillie by 021 808 3005 of cmcillie@sun.ac.za

Die Departement ontvang gewoonlik meer kwalifiserende aansoekers as wat ons op die program kan akkommodeer. Om aansoekers in rang-orde te plaas is gewoonlik onvermydelik. Rang-ordening sal op die volgende kriteria gebaseer wees:  die grootte van die gemiddelde prestasiepunt in die honneurs jaar, of ? persentasiepunte ho?r as 65 % behaal is die honneurs jaar, en die konsekwentheid waarmee studente deurgaans akademies presteer het in Bedryfsielkunde in die honneurs graad. Die orde waarmee hierdie kriteria gelys word, reflekteer hul belangrikheid in die rangorde-stelling van applikante wat kwalifiseer vir toelating.

?

??