Eienskappe van 'n Graduandi
??
Om hieraan te voldoen, openbaar ons gegradueerdes die volgende professionele eienskappe:
Kennis
- Besit die nodige kennis van die toepaslike wetenskappe en verstaan die interaksie tussen die biologiese en abiotiese faktore in die omgewing en die basiese beginsels van navorsingsmetodiek.
 - Beskik oor die vermo? om nuwe kennis te skep, idees te genereer en innoverend op te tree.
 - Beskik oor die vermo? om doeltreffend in ? interdissiplinêre omgewing te kan funksioneer.
 - Verstaan volhoubare ontwikkeling en volhoubare hulpbronbestuur.
 - Neem kundige besluite op bewese inligting.
 - Volg ? sisteembenadering by die ontleding van en benadering tot omgewingsproblematiek.
 
Houding en gesindhede
- Toon respek vir die omgewing en vir die gebruikers daarvan.
 - Erken eie beperkings van kennis en vaardighede.
 - Het ? positiewe ingesteldheid tot voortdurende professionele ontwikkeling.
 - Is betrokke en diensbaar binne die bre? gemeenskap.
 - Stel ? positiewe voorbeeld ten opsigte van sosiale verantwoordelikhede en verpligtinge.
 - Aanvaar en streef na die hoogste kennisstandaarde.
 
Vaardighede
- Besit die vermo? om relevante kennis te versamel, te integreer, te interpreteer en toe te pas en om probleemoplossend te dink en op te tree.
 - Kommunikeer doeltreffend met rolspelers uit verskillende omgewings en agtergronde.
 - Besit voldoende vaardighede om selfstandig en in spanverband as wetenskaplikes te funksioneer.
 - Kan toepaslike vakliteratuur interpreteer en benut.
 - Besit die vermo? om toepaslike hulpbronne en -middels binne werksverband doeltreffend te benut.
 
    
		
	
	
	
