?
DEPARTEMENT WINGERD- EN WYNKUNDE
Die Universiteit Stellenbosch, wat in die hart van die Kaapse wynlande gele? is, het 'n lang verbintenis met wingerd- en wynwetenskappe en werk nou saam met die Suid-Afrikaanse wingerd- en wynbedryf. Die Departement Wingerd- (druifplantverbouing) en Wynkunde (wynmaak) (DWW) is vir meer as 'n eeu al betrokke by die onderrig van studente in wingerd- en wynkunde.
In 1995 is die Instituut vir Wynbiotegnologie (IWBT) gestig as 'n vennoot van die DWW. Die DWW is die enigste Universiteit-gebaseerde departement in Suid-Afrika wat voor- en nagraadse kursusse in wingerdkunde, wynkunde en wynbiotegnologie aanbied. Die DWW se onderrig- en navorsingsprogramme geniet internasionale aansien en erkenning, en dek alle relevante areas binne die bre?r wynwetenskappe, en dit bied ook aan studente ondesteunende praktiese ervaring en blootstelling aan die bedryf.