Verbetering van Plantgroei
?
Hoof Navorsers: Dr Paul Hills and Prof Jens Kossmann
Ten einde plantgroei te begryp en te verbeter gebruik ons 'n reeks chemikalie? wat plantgroei stimuleer. Ons bestudeer die molekulêre gebeure wat deur hierdie middels veroorsaak word aan die hand van metabolomiese, proteomiese en transkriptomiese ontleding. Sodra ons responsiewe gene uitgewys het, doen ons 'n funksionele ontleding na aanleiding van omgekeerde genetiese of ooruitdrukbenaderings. Modelplante wat gebruik word, is Arabidopsis en Lotus, maar verskeie ander gewasse word ook bestudeer.