GELEENTHEDE
Ons gegradueerdes kan 'n loopbaan in die oog hou as navorser, konsultant, verteenwoordiger of navorsingsbestuurder in die akademiese, landbou- of omgewingsektor. Boonop kan afgestudeerdes in biotegnologie as patentprokureurs, beleggingsanaliste of bio-informatici spesialiseer, of entrepreneurs word.
'n Aantal van ons onlangs afgestudeerdes werk vir die regeringsbefondsde Landbounavorsingsraad (LNR) van Suid-Afrika en vir maatskappye soos PathCare, Western Cape Biotech, Lasec, Deltamune, BioVac en Monsanto.
'n Nagraadse kwalifikasie van die IPB word wêreldwyd erken, en studente baat by ons internasionale medewerkingsvennootskappe deur aan internasionale institute, veral in Europa, verder vir PhD?grade te studeer en geleenthede vir nadoktorale navorsing te benut.
Medewerkers:
Dr Alisdair Fernie en Dr John Lunn van die Max-Planck Institute for Molecular Plant Physiology.
Prof Sam Zeeman van ETH Zurich.
Dr Dave Thompson van die South African Environmental Observation Network van die National Research Foundation
Departement Genetika, Stellenbosch Universiteit
Nywerheidsvennote & befondsing: