Buitelandse betalings
?
Buitelandse betalings word gemaak aan alle buitelandse entiteite of persone wat nie Suid-Afrikaanse bankrekenings het nie.
Alle buitelandse betalings word gedoen ooreenkomstig die finansi?le riglyne soos bepaal deur die Suid-Afrikaanse Reserwebank (SARB), wat van toepassing is wanneer die US buitelandse betalings maak.
Indien betalings nie deur SARB-re?ls en -regulasies toegelaat word nie, moet daar by die SARB om toestemming aansoek gedoen word om die betaling te maak.?