Buitelandse betalings
???
Daar is 2 tipes buitelandse betalings:
- Invoere – waar departemente werklike goedere ontvang, en
- Ander – registrasie, akkommodasie, publikasie, lidmaatskapgelde, professionele dienste, subskripsie, sagteware, data, lisensiegelde, terugbetaling van onkostes, ens.
Stappe wat gevolg moet word:
- Is die krediteur op die stelsel geregistreer? Indien nie, e-pos die faktuur en brief van die verskaffer (begunstigde) se bankiers ter bevestiging van die bankbesonderhede aan Finansi?le Dienste ten einde 'n krediteurskode te skep.
- Skep 'n buitelandse rekwisisie op EAS199P.
- Magtig die buitelandse rekwisisie op EAS204P.
- Indien reiskoste en konferensie-registrasiegelde betaal word, moet die derdepartyvorm ingevul word.
- Stuur getekende rekwisisiebladsy en alle tersaaklike dokumentasie na Finansi?le Dienste.
- Finansi?le Dienste verwerk betaling en stuur die betalingsinstruksie aan ons bankiers.
- Wanneer betaling deur die bank gefinaliseer word, word betalingsbevestiging per e-pos ontvang. Finansi?le Dienste stuur die bevestiging aan die versoeker vir hul rekords.
- Finansi?le dienste verwerk die joernaal om die betaling aan ons kant te finaliseer en verreken die verpligting op die kostepunt. Die transaksie verskyn dan op die algemene grootboekrekening van die kostepunt.[LS<1]
- Vir ingevoerde goedere moet alle betrokke verrekeningsdokumente aan Finansi?le Dienste gestuur word voordat die transaksie gefinaliseer kan word (verpligting word verreken en algemenegrootboek-inskrywing gemaak).