中国体育彩票

图片

Sistematiese Teologie & Ekklesiologie (STE)

?????Sistematiese Teologie bestudeer Christelike geloof en Christelike etiek. In die Christelike geloof word die inhoud van die Christelike tradisie – dikwels opgesom in leerstellings en belydenisse oor God (insluitend God se openbaring en kennis van God, God se skepping, God se voorsienigheid, God se beeld, die mensdom), Jesus Christus (insluitend sy persoon, lewe en verlossingswerk), en die Heilige Gees (insluitend die lewe-gewende werk van die Gees, die kerk, die sakramente, die uiteinde van die skepping) – bestudeer in die lig van kontemporêre vraagstukke, eise en ervarings.

?
In Etiek word die fondamente van Christelike moraliteit nagevors. Dit word dikwels opgesom in vrae oor wat moraliteit is en hoe dit gevestig kan word, wat ? morele gemeenskap is, hoe morele mense optree, wat is morele aksies in die lig van spesifieke etiese vrae en of Christene getrou moet wees aan ? spesifieke vorm van moraliteit.

Ekklesiologie is die teologies-wetenskaplike studie van die geskiedenis en reg van die kerk. Die Afrika- en Suid-Afrika-konteks en die Gereformeerde tradisie kry besondere aandag.

Ekklesiologie fokus op ? teologiese wyse op die geskiedenis en reg van die kerk, daarom word modules in Kerkgeskiedenis en Kerkreg aangebied. Wat Kerkgeskiedenis betref, val die aandag op die kerk- en teologiegeskiedenis vanaf die tyd van die vroe? Christene/ kerk tot en met die meer resente tyd.  Die Suid-Afrikaanse konteks en die gereformeerde tradisie ontvang spesifieke klem binne ? ekumeniese raamwerk.  In Kerkreg word gefokus op hoe ons teologiese denke oor die kerk gestalte kan vind in die orde in en vir die kerk.  ??

 STE Personeel