??Kerngeneeskunde Afdeling??
Navorsing
Verskeie personeellede is aktief betrokke by navorsingsaktiwiteite. Die meeste van hierdie navorsingsaktiwiteite geskied in samewerking met kliniese departemente van Tygerberg Akademiese Hospitaal, soos Kardiologie, Neurologie, Neuropsigiatrie, Respiratories, Chirurgie, Stralingsonkologie, Hematologie en Urologie.
Die afdeling het toegang tot die nuutste PET/RT fasiliteite met al die skandeerders wat vir navorsingsskandering deur EARL? geakkrediteer word. ?
Twee spesialis radiofarmasie laboratoriums ondersteun die afdeling se kliniese navorsingsaktiwiteite. Radiofarmasiepersoneel is betrokke by verskillende navorsingsvelde, insluitend gehaltebestuur, en Ga-68 generators en radiofarmaseutika.
Die afdeling tree ook as gasheer vir MSc, MMed en PhD studente en nagraadse navorsers op.