?????????Innovering Deur Samewerking
Voedselveiligheid is 'n noodsaaklike openbare gesondheidskwessie vir almal. Die potensi?le bedreiging tot openbare gesondheid deur voedselgedraagde siektes neem toe met uitbreiding van verstedeliking en die wêreldwye verspeiding van voedsel. Die gevolge van 'n mislukte voedselveiligheidsbeleid is duur en dit be?nvloed nie net openbare gesondheid nie, maar ook die voedselprodusent en die ekonomie. Die evaluering van die veiligheid van ons voedsel het gelei tot 'n paradigmaskuif na risikogebaseerde ontledingsmetodes. Evaluering en bestuur van hierdie risiko's moet wetenskaplik ge?valueer word, wat insette van 'n reeks kundiges vereis. Wetenskap-gebaseerde voedselbeheer is noodsaaklik vir die beskerming van voedselprodukte.
Die Sentrum vir Voedselveiligheid sal sy geloofwaardige, ho? gehalte navorsing oor voedselveiligheid, onder leiding van kundiges op die gebied, gebruik om voedselveiligheidswetenskap en -navorsing oor te dra om 'n tasbare impak in die voedselindustrie, die regering en vir verbruikers te verseker.
Dit sal beriek word deur:?
Bou van internasionale netwerke – van voedselveiligheid
Ontwikkeling van 'n verbeterde voedselveiligheidskultuur - om opvoeding en bewustheid te verhoog om die voedselveiligheidskultuur in Suid-Afrika te ondersteun en te verbeter
Verbetering van die vermo? van voedselveiligheid - in wetenskap en die regering om gesamentlik Suid-Afrika se voedselveiligheidsekosisteem vir die toekoms to bewaar
Innovering vir voedselveiligheid - deur die wetenskaplike basis te bied vir veiligheid in voedselinnovasie
Ontwerp van programme wat samewerking ondersteun - om fragmentering en duplisering te minimiseer
Om die eerste keuse van voedselveiligheidsvennoot te wees - deur erken te word as die voorkeurvennoot vir voedselveiligheid
Lewering van betroubare voedselveiligheidsadvies – wat onafhanklik, betyds en geloofwaardig is