Studentelenings
Hoe kry jy 'n studentegeldrekening?
Leningsrekeninge kan verkry word via die studenteportaal. State word kwartaalliks aan aktiewe studente per e-pos gestuur. Die e-posadres kan bygewerk word by http://my.sun.ac.za
- Klik op Voorgraads OF Nagraads
- Klik op Administrasie
- Klik op Adres & Kontakinligting
- Verander e-posadres
Wanneer is die lening betaalbaar?
Terugbetalings begin ná graduering of wanneer die student die universiteit verlaat.
Hoe kan jy die leningsrekening betaal?
- Betaling by die kassiere met kontant, debiet- of kredietkaart, of tjek.
Stellenboschkampus
Betaling by die kassiere in Blok A van die Sentrale Administrasie.
Kantoorure: Maandag tot Vrydag, 08:00 tot 15:30
Tygerbergkampus
Betaling by die kassiere in die Kliniese Gebou, 1ste verdieping, Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe.
Kantoorure: Maandag tot Vrydag, 08:30 tot 15:30
Bellville Park-kampus
Betaling by die kassiere in die Hoofgebou, Carl Cronjé-rylaan, Bellville.
Kantoorure: Maandag tot Vrydag, 8:30 tot 12:45 en 13:45 tot 15:30
- Direkte bankoorplasings
Bankbesonderhede:
Naam: US Studentelenings (openbaar gelyste begunstigde)
Bank: Standard Bank
Rekeningnr: 072249269 (tjekrekening)
Takkode: 050610
SWIFT-kode: SBZAZAJJ (slegs vir oorsese betalings)
Verwysing: Studentenommer
- Kredietkaartbetalings
Betaal by die kassier met 'n kredietkaart tydens voorgeskrewe kantoorure.
'n Amptelike kredietkaartvorm is verkrygbaar van Studentegelde vir handtransaksies.