Betalings aan US
?
Die volgende metodes is beskikbaar om betalings aan die Universiteit Stellenbosch te maak:
- Kontant by enige kassier of studentetesourier op kampus (Maak asseblief seker dat jy 'n geldige US-kwitansie ontvang wanneer jy kontant betaal.)
- Krediet-/tjekkaart by enige kassier of kostepunteienaar op kampus met 'n US-kredietkaart of Blumobi-masjien (In die belang van kaarthouersekuriteit en die ho? risiko van kaartbedrog is 'n handsleutelinskrywingfasiliteit nie meer op US-kredietkaarttoestelle beskikbaar nie. Die kaarteienaar moet self teenwoordig wees en die pin gebruik wanneer hy/sy met die kaart op die toestel tik, die kaart daarin steek of die kaart deur die toestel trek.)
- Tjek, uitgemaak aan die Universiteit Stellenbosch, by enige kassier op die kampus
- Elektroniese Fondsoorplasing (EFO-betaling), direk in 'n geldige US-bankrekening (Vir vinnige toewysing aan die korrekte kostepunt of debiteurerekening, stuur asseblief die bewys van betaling na sunbank@sun.ac.za)
- EeziPay is 'n geslotelusstelsel waardeur die student 'n gedeelte op die EeziPay-portaal laai, wat óf as 'n voorbetaling óf op die student se rekening betaal word. Slegs US-gemagtigde dienste word tans in hierdie stelsel gebruik (byvoorbeeld drukwerk en maaltye). Die studentekaart word gebruik om vir die dienste by 'n toegewese EeziPay-kaartleser te betaal. Die Departement Kommersi?le Dienste aan die US administreer tans hierdie diens.
- SUNePay is 'n aanlyn betaalmeganisme om aanlyn betalings via debietkaart, kredietkaart of EFO te ontvang. PayU word gebruik as die betaalpoort wat aan 'n Standard Bank-handelaarsrekening gekoppel is. US-handelaars (verkopers) kan hul spesifieke handelsitem (produk) vir vinnige betaling registreer en toewys. Die betaling is met die US- finansi?le stelsel ge?ntegreer.