Interne Beheer
Die behoefte aan die funksie van 'n finansi?le kontroleur is ge?dentifiseer ten einde ondersteuning aan bestuur oor die internebeheer-omgewing en heersende bestuurspraktyke te bied.
Die take van die kontroleur sluit in, maar is nie beperk nie tot:
- Vestig die gekombineerde versekeringsmode en hou dit in stand
- Voer ad hoc- finansi?le ondersoeke uit, soos vereis deur bestuur en die oudit- en risikokomitee
- Verbeter die onderliggende internebeheer-omgewing waar nodig
- Dien as 'n skakel tussen die Afdeling asook die groter US-sfeer en die interne-ouditfunksie
- Ondersoek verslae wat op die etiek-blitslyn ingedien is
- Dien as 'n sentrale ondersteuningsfunksie by die seleksie en uitrol van die nuwe finansi?le stelsel