Aankope
?Jy moet die aansoekvorm invul en al die voorgeskrewe dokumente aan die tersaaklike koper deurstuur ten einde op die US se Verskafferlys te registreer. Wat betref dienste wat deur kontrakteurs binne die Fasiliteits- en Instandhoudingsomgewing verskaf word, moet albei vorms ingevul word. Let asseblief op die samestelling van die afdeling ten opsigte van die aankoop van produkte en dienste vir die tersaaklike kontakbesonderhede wanneer jy die vorm deurstuur.
? Elektronies aan findienste@sun.ac.za
? Hardekopie? aan Marsha Davids by Kamer C3309, Administrasie C, Universiteit Stellenbosch.?
Gereelde verskaffers (vlak 1) word gedefinieer as verskaffers aan wie die US meer as 5 betalings maak jaarliks of aan wie die totale betalings meer as R335 000 per jaar beloop. Registrasievorms vir vlak 1-verskaffers moet aan Lucille Ras (lucillej@sun.ac.za) gestuur word.?